Showing posts with label Innovation. Show all posts
Showing posts with label Innovation. Show all posts

Thursday, October 8, 2009

Mini Habit 37: Die klient is altyd …WEG

Groei vind plaas as ek nie meer aan myself dink aan ‘n klient in die kerk nie maar as ‘n mede reisiger. As ek skuif van verbruiker “Hoe oorleef ek?” na ‘n burger van hierdie nuwe werklikheid van God “Hoe leef ek?”
Mini Habit: Dink aan een ding wat jy kan doen om te skuif van klient na die een wat die diens lewer.

Friday, August 14, 2009

Mini Habit 12: Make excellent mistakes

Daar is 'n verskil tussen 'a mistake' en 'n 'excellent mistake.' 'A mistake' is 'n fout wat jy maak en aangaan met jou lewe. "A excellent mistake' is wanneer jy 'n fout maak en iets leer.
Die lewe gaan oor awareness. Hanging around Jesus gaan daaroor dat ons bewustelik leef. 'n Bewustelike lewe lei na verstaan van myself en die lewe en integrasie.
Die bewus raak van voorveronderstellings en aannames help ons om dieper verhoudings te hê. Aksie-refleksie sirkels in ons lewe help ons om meer bewus te raak. 'n Aksie-refleksie sirkel bestaan uit: doen, dink en bewustelik weer doen.

Mini Habit: Dink aan jou laaste fout. Sit dit deur 'n Aksie-refleksie sirkel. Vertel vir iemand (of skryf neer) wat jy gedoen het. Dink na oor wie jy ten diepste is en hoe jy wil optree en leef. Gaan nou uit en herstel die verhouding wat seergekry het, vat die uitdaging van 'n ander kant af aan, of waag dit om dit anders te doen.

Thursday, August 13, 2009

Mini Habit 11: Vra waarderend

Then God said, “Let us make humankind in our image…”—Genesis 1:26.
Die vrae wat ons vra beinvloed die antwoorde wat ons kry.
Wanneer laas het jy aan 'n pienk oliant gedink? Sopas? Die vraag alleen doen iets met jou.
In 1980 het Cooperrider dit ontdek tydens veldwerk vir navorsing by 'n kliniek in Cleveland. Hy begin deur te vra wat verkeerd is in die kliniek. Hy ontdek egter dat daar 'n klomp initiatief en buigsaamheid, openheid en samewerking is. Toe begin hy vra na hoe hulle dit regkry. Wat hy leer, verander hoe mense werk wat organisasies en mense wil verandeer. Hy noem dit Appreciative Inquiry.
As die aanname agter die vraag wat jy vra waardering veronderstel, gaan jy dit kry. Waarderende vrae fokus nie op wat verkeer is nie, maar op wat mense reeds reg doen. Dit nooi mense met wie ons kontak het om verby die moeilikhede te kyk en te fokus op wie hulle reeds is en wil word. Dit skuif van evaluering na waarderig in verhoudings. Dit sien die beeld van God wat nog dieper in ons is as ons foute en wonde.

Dink of die vrae wat jy vra waardering oproep, suksesse celebrate en belangrike oorwinnings (groot of klein) na die voorgrond skuif. Nooi jou vrae mense om hulle hart veilig op die tafel te plaas en te praat oor wat goed is in hulle lewe. Die gevolg is dikwels onverwagse nuwe verhoudings en gedeelde energie wat vrese en rusie ondergrawe.

Mini Habit: Vra vrae wat die goedheid (Godheid) in mense of sisteme soek. Empower die mense met wie jy kontak het om daardie goedheid meer te maak - deur ander vrae . Gebruik vrae wat op waardering fokus. Vra vrae soos:

Hoe het jy dit reggekry?
Wie is jy as jy jou beste JY is?
Wat, wat jy tans doen, is jy die meeste trots op?
Waaruit put jy jou positiewe energie?
Wat is jou braafste droom?
Waar kan jy die grootste bydrae maak om die wêreld 'n mooier, meer betroubare plek te maak?