Showing posts with label Nico Simpson. Show all posts
Showing posts with label Nico Simpson. Show all posts

Thursday, October 8, 2009

Mini Habit 37: Die klient is altyd …WEG

Groei vind plaas as ek nie meer aan myself dink aan ‘n klient in die kerk nie maar as ‘n mede reisiger. As ek skuif van verbruiker “Hoe oorleef ek?” na ‘n burger van hierdie nuwe werklikheid van God “Hoe leef ek?”
Mini Habit: Dink aan een ding wat jy kan doen om te skuif van klient na die een wat die diens lewer.

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Tuesday, October 6, 2009

Mini Habit 35: Her-evalueer jou 'wortel-metafoor'

‘n Wortel-metafoor of paradigma is daardie intuitiewe gevoel van hoe alles in mekaar steek. Dit is hoe ‘n mens te diepste voel die verhoudings tussen verskillende goed werk. Eindeindelik: hoe jy dink die lewe werk.
Ons wortel-metafore is nie iets wat ons bysit by ons lewe nie nie, dit bepaal hoe ons al die ander goed in die lewe sien. Dalk is die ding wat keer dat ons diep connections met God het die prentjies/metafore waarmee ons oor God probeer dink.
Mini Habit: Dalk moet jy nie harder probeer om met God kontak te maak nie nie. Dalk moet jy dood eenvoudig jou vorige verstaan van die hele lewe afbreek en van onder af ‘n nuwe een laat groei met God in die middel. die belangrikste ding in die lewe is nie hoe ver jy van God voel nie, maar hoe naby God aan jou is.

Monday, October 5, 2009

Mini Habit 34: Stop by mense

To love is to give one's time. We never give the impression that we care when we are in a hurry.
Paul Tournier
Mini Habit: Die eerste geskenk van liefde is tyd. Is daar betekenisvolle verhoudings in jou lewe waarby jy aan die verby leef is? Neem jou dagboek en boek tyd uit saam met hierdie mense - sommer net tyd om te wees by mekaar.

Monday, September 28, 2009

Mini Habit 33: Gee om vir EEN mens

The easiest kind of relationship for me is with ten thousand people. The hardest is with one.
Joan Baez
Mini Habit: In plaas daarvan om alle mense lief te hê, word ons dalk in die eerste plek geroep om die mense met wie ons WEL kontak het elke dag, deur God se oë te sien. Is daar EEN mens wat tans op jou gemoed lê? Hoe kan jy vir haar of hom goed wees?

Monday, September 21, 2009

Mini Habit 32: Reis na 'n ander se eiland

The most important trip you may take in life is meeting people halfway.
Henry Boye

Love is not only something you feel. It is something you do.
David Wilkerson

Wednesday, September 16, 2009

Mini Habit 31: Nxt xxn foutjix

Sxlfs al is hixrdix tikmasjixn ‘n ou modxl, wxrk dit nog baix goxd, bxhalwx vir xxn ou slxutxltjix. Jou sou dink dat as al dix andxr wxrk dit nix saak sou maak as xxn foutixf is nix, dat nixmand dit xxrs sou agtxrkom nix. Maar nxt xxn foutjix bxdxrf dix hxlx xffxk.
Hxt jy al ooit vir jousxlf gxsê: “Xk’s nxt xxn mxns. Wat xk doxn maak gxxn vxrskil nix.” Dit maak ‘n vxrskil, as xlkxxn nix sy of haar bixtjix doxn nix, kan ‘n famlix, dorp of kxrk nix bxstaan nix.
As jy dus xxn van daai dax hxt wat jy dink jy is nix baix bxlangrik nix xn nxt wil opgxx, onthou dix ou tikmasjixn. Jy is bxlangrik, xn as jy sou onttrxk sal niks rondom jou wxrk soos dit moxt nix.

Mini Habit: Omarm en vier jou gawes. Wat is dit wat jy bring wat spesiaal is? Hoe kan jy dit celebrate. Vra vir mense om jou om vir jou te sê op watter manier jy spesiaal is.

Tuesday, September 15, 2009

Mini Habit 30: Kies om lief te hê

Liefde is om te kies om die regte ding te doen ongeag hoe jy voel.
Heldur Nork

Moenie tyd mors om te wonder of jy jou naaste lief het nie, begin optree asof jy hom liefhet. Sodra ons dit doen, ontdek ons een van die groot lewensgeheime. As ons optree asof ons iemand liefhet, begin jy hom spoedig liefhê. As jy iemand seermaak wat jy liefhet, kom jy agter dat jy hom al minder van hom hou. As jy hom ‘n guns doen, sal jy ontdek dat hy jou minder irriteer.

In his book Mere Christianity, C.S. Lewis

Mini Habit: Tree op asof jy liefhet!

Monday, September 14, 2009

Mini Habit 29: Waag dit om lief te hê

'n Gunsteling aanhaling uit C.S.Lewis se boek The Four Loves:

I believe that the most lawless and inordinate loves are less contrary to God’s will than a self-invited and self-protective lovelessness…We shall draw nearer to God, not by trying to avoid the sufferings inherent in all loves, but by accepting them and offering them to Him; throwing away all defensive armour. If our hearts need to be broken, and if He chooses this as a way in which they should break, so be it. What I know about love and believe about love and giving ones heart began in this.
Mini Habit: Waag dit om lief te hê, al is dit onbeholpe.

Monday, September 7, 2009

Mini Habit 28: Love is an act

“Love isn’t an act, it’s a whole life.

It’s staying with her now because she needs you;

it’s knowing you and she will still care about each other

when sex and daydreams, fights and futures—

when all that’s on the shelf and done with.

Love—why,

I’ll tell you what love is:

it’s you at seventy-five and her at seventy-one,

each of you listening for the other’s step

in the next room, each afraid

that a sudden silence, a sudden cry,

could mean a lifetime’s talk is over.”

Brian Moore, The Luck of Ginger Coffey

Friday, September 4, 2009

Mini Habit 27: Fake it till you make it

Newspaper columnist and minister George Crane tells of a wife who came into his office full of hatred toward her husband. "I do not only want to get rid of him, I want to get even. Before I divorce him, I want to hurt him as much as he has me."
Dr. Crane suggested an ingenious plan "Go home and act as if you really love your husband. Tell him how much he means to you. Praise him for every decent trait. Go out of your way to be as kind, considerate, and generous as possible. Spare no efforts to please him, to enjoy him. Make him believe you love him. After you've convinced him of your undying love and that you cannot live without him, then drop the bomb. Tell him that you're getting a divorce. That will really hurt him." With revenge in her eyes, she smiled and exclaimed, "Beautiful, beautiful. Will he ever be surprised!"
And she did it with enthusiasm. Acting "as if." For two months she showed love, kindness, listening, giving, reinforcing, sharing. When she didn't return, Crane called. "Are you ready now to go through with the divorce?"

"Divorce?" she exclaimed. "Never! I discovered I really do love him."
Mini habit: Ons gedrag verander dikwels one gevoelens. "Motion " loop uit op "emotion." Ons vermoë om lief te hê kom dikwels tot stand, nie soseer deur 'n besluit nie, maar deur goed wat ons oor en oor doen - little habits. Miskien is daar 'n rol by die werk, 'n projek, 'n verhouding waarin jy kan voorgee totdat die klein gewoonte 'n werklikheid begin raak.

Thursday, September 3, 2009

Mini Habit 26: Stop en hoop

Faith has to do with things that are not seen and hope with things that are not at hand.
Thomas Aquinas.

Met Pandorta en Epimetheus se troue gee Mercury vir die jong egpaar 'n boksie om te geniet. Maar onder geen omstandighede mag hulle dit oopmaak nie.
Soos dit gaan met stories van verbode vrugte kry Pandora se nuuskierigheid die oorhand. Die ding wat sy verbied is om te doen is toe later al wat sy wil doen. Een dag loer sy toe in die boksie. Skielig borrel daar 'n swerm insekte uit en steek die twee jong geliefdes met wantroue, haat, vrees en agterdog. Die eens gelukkige paartjie begin nou stry. Epimetheus raak bitter en Pandora huil met 'n gebroke hart.
Te midde van die onmin hoor hulle 'n klein stemmetjie roep: Laat my uitkom! Ek sal julle pyn wegneem.
Vreesbevange maak hulle weer die boksie oop en die keer glip daar 'n mooi skoenlappetjie uit. Dit roer albei van hulle en wonder bo wonder begin hulle pyn verminder en raak hulle weer gelukkig.
Die skoenlappertjie, so gaan die verhaal, is 'hoop.'
Dit is hoop wat ons dra, dit is hoop wat ons pyn salf!
Mini Habit: As ons ons lewens vanuit God se perspektief sien en bewus raak van wat God beloof het, groei hoop in ons. As ons egter vergeet waarheen God met ons op pad is, raak ons vasgevang in elke dag se probleme en raak die lewe vir ons hopeloos. Raak bewus van die klein stemmetjie van hoop in jou verhoudings, by die werk, in jou vriendskappe en in jou lewe.

Wednesday, September 2, 2009

Mini Habit 25: Staan op

Success is never final. Failure is never fatal.
Joe Paterno

Mini Habit: Jesus se grootste nederlaag was sy grootste oorwinning. Die opstanding maak ons 'opstandig.' Mislukking is nooit finaal nie.

Tuesday, September 1, 2009

Mini Habit 24: Be vulnerable

There is no safe investment. To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly be broken.
If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket — safe, dark, motionless, airless — it will change.
It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. The alternative to tragedy, or at least to the risk of tragedy, is damnation.
The only place outside Heaven where you can be perfectly safe from all the dangers and disruptions of love is Hell.


C.S.Lewis in sy boek The Four Loves


Mini Habit: Kies om jouself kwesbaar the hou vir liefde, selfs al het jy in die verlede seergekry. Wys vandag vir iemand wat sy of haar vriendskap of kameraadskap vir jou beteken.

Monday, August 31, 2009

Mini Habit 23: Sien volmaaktheid in ander raak

SØren Kierkegaard vertel 'n storie oor twee skilders.

Die een skilder sê vir die ander: "My ideaal is om ’n volmaakte skildery te skilder. Dit vereis ’n volmaakte model. Ek het egter al die hele wêreld deursoek en kon nêrens ’n volmaakte model kry nie. Elkeen het een of ander skeet of gebrek. So ek het nog nie my skildery geskilder nie."

Toe antwoord die tweede skilder: "Ek is maar eenvoudig. Ek het nog nie eintlik gereis nie. Ek kyk maar net na die mense wat ek om my sien, en elkeen van hulle het sekere volmaakthede wat hulle die moeite werd maak om te skilder. Ek het al my skildery klaargemaak.

Dan vra Kierkegaard: "Wie is nou eintlik die ware kunstenaar; die een wat ’n volmaakte model nodig het om te skilder of die een wat volmaakthede in mense raaksien en dit dan skilder?"

Kierkegaard sê deur sy storie dat die skilder wat die goeie in mense raaksien en dit dan skilder die beter skilder is. Little Habits roep ons op om op te hou droom oor volmaakte mense om lief te hê. Ons droom oor volmaakte kollegas, kinders vriende en dink hoe ons hulle gaan aanvaar en omgee. Maar sulke mense kry ons nooit.

Mini Habits: Fokus op die mense wat by jou is se uniekheid en volmaakthede. Hê hulle lief!

Friday, August 28, 2009

Mini Habit 22: Sê dat jy lief is

Ek lees die volgende storie:
Dit was die dag wat my pa gesterf het. Dit was ‘n bleek, koue en winderige dag in Junie. Ek het hom in my arms ondersteun in die klein hospitaal-kamertjie, toe sy oë skielik gerek het met ‘n verafkyk wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Ek was seker dat die dood die kamer binnegekom het. My pa het agteroor gesak en ek het sy kop saggies op die kussing laat sak. Ek het sy oë toegemaak en vir ma, wat langs die bed sit en bid het, gesê: "Dit is alles oor. Pa is dood."
Sy het my laat skrik. Ek sal nooit weet waarom haar eerste woorde was na my pa se dood nie. Sy sê: "Ag, hy was so trots op jou. Hy het jou so lief gehad."

Uit my reaksie het ek geweet dat die woorde iets baie belangrik vir my gesê het. Hulle was soos ‘n ligstraal wat skielik deurgebreek het, soos ‘n helder-gedagte wat ek nog nooit regtig besef het nie. En tog was daar ongetwyfeld ‘n snykant van pyn, asof ek my pa beter gaan ken in sy dood as wat ek hom in die lewe geken het.

Later toe die dokter besig was om te bevestig dat hy dood is, het ek in die verste hoek van die kamertjie teen die muur gestaan en leun. Ek het saggies gehuil. ‘n Verpleegster het na my toe gekom en haar arm vertroostend om my gesit. Ek kon nie praat deur die trane nie, maar ek wou vir haar sê:

"Ek huil nie omdat my pa dood is nie. Ek huil omdat my pa nooit vir my gesê het hy is trots op my nie. Hy het nooit vir my gesê hy het my lief nie. Natuurlik was ek veronderstel om die dinge te weet, dit was verwag dat ek sou weet watter groot rol ek in sy lewe gespeel het en watter groot deel van my hart en besit het. Maar hy het dit nooit vir my gesê nie."

Mini Habit: Sê vandag (en elke dag) vir die mense wat jy liefhet hoeveel hulle vir jou beteken.

Thursday, August 27, 2009

Mini Habit 21: Discover WHY!

There are two great days in a person’s life – the day we are born and the day we discover why.
Mini Habit: Stop en ontdek wat is JOU "HOEKOM"!

Wednesday, August 26, 2009

Mini Habit 20: Dra water saam

The grass is not, in fact,

always greener

on the other side of the fence.

Fences have nothing to do with it.

The grass is greenest

where it is watered.

When crossing over fences,

carry water with you

and tend the grass

wherever you may be. -Robert Fulghum

Mini Habit: Hoe ons kyk na situasies en mense het 'n groot invloed om hoe ons dit en hulle ervaar en hanteer. Stop 'n oomblik en sien jouself en die mense met wie jy te doen het deur God se sagte oë.

Tuesday, August 25, 2009

Mini Habit 19: Gebruik jou "letter" wyslik

Stel jouself voor 5 biljoen jaar van die aarde se bestaan is 'n stel boeke met 10 volumes. Elke boek het 500 bladsye. Elke bladsy vertel ‘n miljoen jaar se skepping
Wanneer lees ons van die lewe? Eers in die laaste hoofstuk van boek 7. Lewe met organismes met selle in elke geval.
Vol 8 word vir eerste keer van die groter lewe geskryf. Die grootste deel gaan oor plante, en water wesens.
Op bl 444 van volume 9 kom reptiele by en toe voels. Toe warmbloedige diere, 5 bladsye later.
Op bladsy 499 van vol 10 kom die mens die eerste keer in die oog. Die laaste bladsy van die laaste boek. Die laatkomer sê dan onmiddelik hy wil heers.
Die laaste 2 woorde op die laaste bladsy vertel die verhaal van beskawing wat ons van weet (laaste 6000 jaar)
Wat beteken dit: Here skep al biljoene jare aan ons planeet. Ons het nie die aarde geskep nie. Lewe het bestaan lank voor ons en ons is daarvan afhanklik.

En wat het ons in die twee woorde, wat daar oor ons geskryf staan, gedoen? Elke dag gebruik die wêreldwye ekonomie ‘n hoeveelheid energie wat die aarde meer as 25 jaar geneem het om te maak en te stoor (as steenkool of olie) uit die son se hitte . Dit is asof ons ‘n hele lewe se salaris op ‘n enkele dag uitgee.

Mini Habit: Kry perspektief op ons se rol in die skepping en vra: "Op hoe 'n manier is ek 'n goeie oppasser van God se skepping?"

God het besluit om sekere plante op sekere plekke op aarde te plant. Volg God se voorbeeld en plant iets lokaal inheems.

Sunday, August 23, 2009

Mini Habit 18: Call evil's bluff

As gelowiges weet ons dat boosheid nooit die laaste sê het nie. Maak nie saak hoeveel mense ons probeer boelie nie - die lewe is sterkter as die dood. Waarheid is sterker as leuens. Hoop is sterker as manupilasie.

'n Slagter maak een oggend sy winkel oop toe 'n hasie sy kop by die deur insteek. Die slagter was verbaas toe die hasie vra: "Enige wortels?" Nee, sê die slagter, dit is 'n slaghuis - ons verkoop vleis nie groente nie." Die hasie hop toe weg.

Die volgende oggend net na die slagter weer oopgesluit het, loer die hasie weer om die draai: "Enige wortels?" Luister klein rot!" sê die slagter nou geirriteerd, "ek het jou gister gesê ons verkoop nie groente nie. As jy weer hier inloer dan gryp ek jou aan die keel en spyker daai lang ore van jou aan die grond vas."

Vinnig is die hasie toe daar weg en niks gebeur vir 'n paar dae nie. Toe een oggend loer die hasie weer om die draai en sê: "Het jy enige spykers?"
Die slagter antwoord, "Nee."
Toe sê die hasie: "Enige wortels?"

Mini Habit: Wanneer jy met boosheid gekonfronteer word - call it's bluff!