Showing posts with label Honesty. Show all posts
Showing posts with label Honesty. Show all posts

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Tuesday, September 15, 2009

Mini Habit 30: Kies om lief te hê

Liefde is om te kies om die regte ding te doen ongeag hoe jy voel.
Heldur Nork

Moenie tyd mors om te wonder of jy jou naaste lief het nie, begin optree asof jy hom liefhet. Sodra ons dit doen, ontdek ons een van die groot lewensgeheime. As ons optree asof ons iemand liefhet, begin jy hom spoedig liefhê. As jy iemand seermaak wat jy liefhet, kom jy agter dat jy hom al minder van hom hou. As jy hom ‘n guns doen, sal jy ontdek dat hy jou minder irriteer.

In his book Mere Christianity, C.S. Lewis

Mini Habit: Tree op asof jy liefhet!

Tuesday, September 1, 2009

Mini Habit 24: Be vulnerable

There is no safe investment. To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly be broken.
If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket — safe, dark, motionless, airless — it will change.
It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. The alternative to tragedy, or at least to the risk of tragedy, is damnation.
The only place outside Heaven where you can be perfectly safe from all the dangers and disruptions of love is Hell.


C.S.Lewis in sy boek The Four Loves


Mini Habit: Kies om jouself kwesbaar the hou vir liefde, selfs al het jy in die verlede seergekry. Wys vandag vir iemand wat sy of haar vriendskap of kameraadskap vir jou beteken.

Friday, August 28, 2009

Mini Habit 22: Sê dat jy lief is

Ek lees die volgende storie:
Dit was die dag wat my pa gesterf het. Dit was ‘n bleek, koue en winderige dag in Junie. Ek het hom in my arms ondersteun in die klein hospitaal-kamertjie, toe sy oë skielik gerek het met ‘n verafkyk wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Ek was seker dat die dood die kamer binnegekom het. My pa het agteroor gesak en ek het sy kop saggies op die kussing laat sak. Ek het sy oë toegemaak en vir ma, wat langs die bed sit en bid het, gesê: "Dit is alles oor. Pa is dood."
Sy het my laat skrik. Ek sal nooit weet waarom haar eerste woorde was na my pa se dood nie. Sy sê: "Ag, hy was so trots op jou. Hy het jou so lief gehad."

Uit my reaksie het ek geweet dat die woorde iets baie belangrik vir my gesê het. Hulle was soos ‘n ligstraal wat skielik deurgebreek het, soos ‘n helder-gedagte wat ek nog nooit regtig besef het nie. En tog was daar ongetwyfeld ‘n snykant van pyn, asof ek my pa beter gaan ken in sy dood as wat ek hom in die lewe geken het.

Later toe die dokter besig was om te bevestig dat hy dood is, het ek in die verste hoek van die kamertjie teen die muur gestaan en leun. Ek het saggies gehuil. ‘n Verpleegster het na my toe gekom en haar arm vertroostend om my gesit. Ek kon nie praat deur die trane nie, maar ek wou vir haar sê:

"Ek huil nie omdat my pa dood is nie. Ek huil omdat my pa nooit vir my gesê het hy is trots op my nie. Hy het nooit vir my gesê hy het my lief nie. Natuurlik was ek veronderstel om die dinge te weet, dit was verwag dat ek sou weet watter groot rol ek in sy lewe gespeel het en watter groot deel van my hart en besit het. Maar hy het dit nooit vir my gesê nie."

Mini Habit: Sê vandag (en elke dag) vir die mense wat jy liefhet hoeveel hulle vir jou beteken.

Tuesday, August 25, 2009

Mini Habit 19: Gebruik jou "letter" wyslik

Stel jouself voor 5 biljoen jaar van die aarde se bestaan is 'n stel boeke met 10 volumes. Elke boek het 500 bladsye. Elke bladsy vertel ‘n miljoen jaar se skepping
Wanneer lees ons van die lewe? Eers in die laaste hoofstuk van boek 7. Lewe met organismes met selle in elke geval.
Vol 8 word vir eerste keer van die groter lewe geskryf. Die grootste deel gaan oor plante, en water wesens.
Op bl 444 van volume 9 kom reptiele by en toe voels. Toe warmbloedige diere, 5 bladsye later.
Op bladsy 499 van vol 10 kom die mens die eerste keer in die oog. Die laaste bladsy van die laaste boek. Die laatkomer sê dan onmiddelik hy wil heers.
Die laaste 2 woorde op die laaste bladsy vertel die verhaal van beskawing wat ons van weet (laaste 6000 jaar)
Wat beteken dit: Here skep al biljoene jare aan ons planeet. Ons het nie die aarde geskep nie. Lewe het bestaan lank voor ons en ons is daarvan afhanklik.

En wat het ons in die twee woorde, wat daar oor ons geskryf staan, gedoen? Elke dag gebruik die wêreldwye ekonomie ‘n hoeveelheid energie wat die aarde meer as 25 jaar geneem het om te maak en te stoor (as steenkool of olie) uit die son se hitte . Dit is asof ons ‘n hele lewe se salaris op ‘n enkele dag uitgee.

Mini Habit: Kry perspektief op ons se rol in die skepping en vra: "Op hoe 'n manier is ek 'n goeie oppasser van God se skepping?"

God het besluit om sekere plante op sekere plekke op aarde te plant. Volg God se voorbeeld en plant iets lokaal inheems.

Sunday, August 23, 2009

Mini Habit 18: Call evil's bluff

As gelowiges weet ons dat boosheid nooit die laaste sê het nie. Maak nie saak hoeveel mense ons probeer boelie nie - die lewe is sterkter as die dood. Waarheid is sterker as leuens. Hoop is sterker as manupilasie.

'n Slagter maak een oggend sy winkel oop toe 'n hasie sy kop by die deur insteek. Die slagter was verbaas toe die hasie vra: "Enige wortels?" Nee, sê die slagter, dit is 'n slaghuis - ons verkoop vleis nie groente nie." Die hasie hop toe weg.

Die volgende oggend net na die slagter weer oopgesluit het, loer die hasie weer om die draai: "Enige wortels?" Luister klein rot!" sê die slagter nou geirriteerd, "ek het jou gister gesê ons verkoop nie groente nie. As jy weer hier inloer dan gryp ek jou aan die keel en spyker daai lang ore van jou aan die grond vas."

Vinnig is die hasie toe daar weg en niks gebeur vir 'n paar dae nie. Toe een oggend loer die hasie weer om die draai en sê: "Het jy enige spykers?"
Die slagter antwoord, "Nee."
Toe sê die hasie: "Enige wortels?"

Mini Habit: Wanneer jy met boosheid gekonfronteer word - call it's bluff!