Showing posts with label Grace. Show all posts
Showing posts with label Grace. Show all posts

Tuesday, October 6, 2009

Mini Habit 35: Her-evalueer jou 'wortel-metafoor'

‘n Wortel-metafoor of paradigma is daardie intuitiewe gevoel van hoe alles in mekaar steek. Dit is hoe ‘n mens te diepste voel die verhoudings tussen verskillende goed werk. Eindeindelik: hoe jy dink die lewe werk.
Ons wortel-metafore is nie iets wat ons bysit by ons lewe nie nie, dit bepaal hoe ons al die ander goed in die lewe sien. Dalk is die ding wat keer dat ons diep connections met God het die prentjies/metafore waarmee ons oor God probeer dink.
Mini Habit: Dalk moet jy nie harder probeer om met God kontak te maak nie nie. Dalk moet jy dood eenvoudig jou vorige verstaan van die hele lewe afbreek en van onder af ‘n nuwe een laat groei met God in die middel. die belangrikste ding in die lewe is nie hoe ver jy van God voel nie, maar hoe naby God aan jou is.

Monday, September 28, 2009

Mini Habit 33: Gee om vir EEN mens

The easiest kind of relationship for me is with ten thousand people. The hardest is with one.
Joan Baez
Mini Habit: In plaas daarvan om alle mense lief te hê, word ons dalk in die eerste plek geroep om die mense met wie ons WEL kontak het elke dag, deur God se oë te sien. Is daar EEN mens wat tans op jou gemoed lê? Hoe kan jy vir haar of hom goed wees?

Monday, September 21, 2009

Mini Habit 32: Reis na 'n ander se eiland

The most important trip you may take in life is meeting people halfway.
Henry Boye

Love is not only something you feel. It is something you do.
David Wilkerson

Monday, September 14, 2009

Mini Habit 29: Waag dit om lief te hê

'n Gunsteling aanhaling uit C.S.Lewis se boek The Four Loves:

I believe that the most lawless and inordinate loves are less contrary to God’s will than a self-invited and self-protective lovelessness…We shall draw nearer to God, not by trying to avoid the sufferings inherent in all loves, but by accepting them and offering them to Him; throwing away all defensive armour. If our hearts need to be broken, and if He chooses this as a way in which they should break, so be it. What I know about love and believe about love and giving ones heart began in this.
Mini Habit: Waag dit om lief te hê, al is dit onbeholpe.

Monday, August 31, 2009

Mini Habit 23: Sien volmaaktheid in ander raak

SØren Kierkegaard vertel 'n storie oor twee skilders.

Die een skilder sê vir die ander: "My ideaal is om ’n volmaakte skildery te skilder. Dit vereis ’n volmaakte model. Ek het egter al die hele wêreld deursoek en kon nêrens ’n volmaakte model kry nie. Elkeen het een of ander skeet of gebrek. So ek het nog nie my skildery geskilder nie."

Toe antwoord die tweede skilder: "Ek is maar eenvoudig. Ek het nog nie eintlik gereis nie. Ek kyk maar net na die mense wat ek om my sien, en elkeen van hulle het sekere volmaakthede wat hulle die moeite werd maak om te skilder. Ek het al my skildery klaargemaak.

Dan vra Kierkegaard: "Wie is nou eintlik die ware kunstenaar; die een wat ’n volmaakte model nodig het om te skilder of die een wat volmaakthede in mense raaksien en dit dan skilder?"

Kierkegaard sê deur sy storie dat die skilder wat die goeie in mense raaksien en dit dan skilder die beter skilder is. Little Habits roep ons op om op te hou droom oor volmaakte mense om lief te hê. Ons droom oor volmaakte kollegas, kinders vriende en dink hoe ons hulle gaan aanvaar en omgee. Maar sulke mense kry ons nooit.

Mini Habits: Fokus op die mense wat by jou is se uniekheid en volmaakthede. Hê hulle lief!

Friday, August 28, 2009

Mini Habit 22: Sê dat jy lief is

Ek lees die volgende storie:
Dit was die dag wat my pa gesterf het. Dit was ‘n bleek, koue en winderige dag in Junie. Ek het hom in my arms ondersteun in die klein hospitaal-kamertjie, toe sy oë skielik gerek het met ‘n verafkyk wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Ek was seker dat die dood die kamer binnegekom het. My pa het agteroor gesak en ek het sy kop saggies op die kussing laat sak. Ek het sy oë toegemaak en vir ma, wat langs die bed sit en bid het, gesê: "Dit is alles oor. Pa is dood."
Sy het my laat skrik. Ek sal nooit weet waarom haar eerste woorde was na my pa se dood nie. Sy sê: "Ag, hy was so trots op jou. Hy het jou so lief gehad."

Uit my reaksie het ek geweet dat die woorde iets baie belangrik vir my gesê het. Hulle was soos ‘n ligstraal wat skielik deurgebreek het, soos ‘n helder-gedagte wat ek nog nooit regtig besef het nie. En tog was daar ongetwyfeld ‘n snykant van pyn, asof ek my pa beter gaan ken in sy dood as wat ek hom in die lewe geken het.

Later toe die dokter besig was om te bevestig dat hy dood is, het ek in die verste hoek van die kamertjie teen die muur gestaan en leun. Ek het saggies gehuil. ‘n Verpleegster het na my toe gekom en haar arm vertroostend om my gesit. Ek kon nie praat deur die trane nie, maar ek wou vir haar sê:

"Ek huil nie omdat my pa dood is nie. Ek huil omdat my pa nooit vir my gesê het hy is trots op my nie. Hy het nooit vir my gesê hy het my lief nie. Natuurlik was ek veronderstel om die dinge te weet, dit was verwag dat ek sou weet watter groot rol ek in sy lewe gespeel het en watter groot deel van my hart en besit het. Maar hy het dit nooit vir my gesê nie."

Mini Habit: Sê vandag (en elke dag) vir die mense wat jy liefhet hoeveel hulle vir jou beteken.

Wednesday, August 26, 2009

Mini Habit 20: Dra water saam

The grass is not, in fact,

always greener

on the other side of the fence.

Fences have nothing to do with it.

The grass is greenest

where it is watered.

When crossing over fences,

carry water with you

and tend the grass

wherever you may be. -Robert Fulghum

Mini Habit: Hoe ons kyk na situasies en mense het 'n groot invloed om hoe ons dit en hulle ervaar en hanteer. Stop 'n oomblik en sien jouself en die mense met wie jy te doen het deur God se sagte oë.

Monday, August 17, 2009

Mini Habit 13: Hou op jou eie geestelike temperatuur neem

Martin Luther ontdek dat die ding wat ons vrymaak 'to treat others like old friends' is God se genade. Die Goeie Nuus maak ons vry om mense om ons lief te hê. Jesus kies om ons sy vriende te maak en dit spreek ons vry van allerlei godsdienstige pligte om in God se goeie boekies te kom. Ons is vry daarvan om heeltyd ons eie geestelike temperatuur te neem.
Ons vryheid van sonde en skuld maak ons vry om op ander te fokus. Voor dit het ons goeie goed gedoen vir onsself, om op 'n manier aanvaarbaar te wees vir God. Solank ons heeltyd ons eie geestelike temperatuur meet is ssn nog steeds besig met onsself.
Maar nou omdat God se genade uitgestort is op ons - sonder ons toedoen - kan ons dit nou ook aangee vir ander.
Mini Habit: Hou op vra: Hoe kan ek God se genade verdien? Vra liewer: Hoe kan ek die genade van God wat ek reeds het, aangee?

Sunday, August 9, 2009

Mini Habit 7: Onthou dat jy aanvaar is.

Paul Tillich is dood in 1965 sy heel bekendste preek is“You are accepted”

"You are accepted!" ... accepted by that which is greater than you and the name of which you do not know. Do not ask the name now, perhaps you will know it later. Do not try to do anything, perhaps later you will do much. Do not seek for anything, do not perform anything, do not intend anything. Simply accept the fact that you are accepted."

Dit is dalk die heel moeilikste ding om te aanvaar. Net soos jyself, al verander jy nie – het God jou onvoorwaardelik lief. Accept the fact that you are accepted. Dit is ‘n een rigting liefde. Dit kom van God se kant af en God vra niks terug nie.

Weens ons prentjies van Godsdiens - voel dit vir ons verkeerd. Godsdiens voel nie so nie, dit vra van ons ‘n klomp goed.

Nee dit vra van ons – van jou niks. God se liefde gaan jou oor tyd verander, natuurlik, maar dit is iets wat van binne af gebeur. Dit is uit genade – no strings attached. Dit is dan wanneer ons die little habits of grace kan doen. Dit is dan wanneer dit inskop.

Mini Habit: Accept the fact that you are accepted.