Showing posts with label Connection. Show all posts
Showing posts with label Connection. Show all posts

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Monday, October 5, 2009

Mini Habit 34: Stop by mense

To love is to give one's time. We never give the impression that we care when we are in a hurry.
Paul Tournier
Mini Habit: Die eerste geskenk van liefde is tyd. Is daar betekenisvolle verhoudings in jou lewe waarby jy aan die verby leef is? Neem jou dagboek en boek tyd uit saam met hierdie mense - sommer net tyd om te wees by mekaar.

Monday, September 28, 2009

Mini Habit 33: Gee om vir EEN mens

The easiest kind of relationship for me is with ten thousand people. The hardest is with one.
Joan Baez
Mini Habit: In plaas daarvan om alle mense lief te hê, word ons dalk in die eerste plek geroep om die mense met wie ons WEL kontak het elke dag, deur God se oë te sien. Is daar EEN mens wat tans op jou gemoed lê? Hoe kan jy vir haar of hom goed wees?

Wednesday, September 16, 2009

Mini Habit 31: Nxt xxn foutjix

Sxlfs al is hixrdix tikmasjixn ‘n ou modxl, wxrk dit nog baix goxd, bxhalwx vir xxn ou slxutxltjix. Jou sou dink dat as al dix andxr wxrk dit nix saak sou maak as xxn foutixf is nix, dat nixmand dit xxrs sou agtxrkom nix. Maar nxt xxn foutjix bxdxrf dix hxlx xffxk.
Hxt jy al ooit vir jousxlf gxsê: “Xk’s nxt xxn mxns. Wat xk doxn maak gxxn vxrskil nix.” Dit maak ‘n vxrskil, as xlkxxn nix sy of haar bixtjix doxn nix, kan ‘n famlix, dorp of kxrk nix bxstaan nix.
As jy dus xxn van daai dax hxt wat jy dink jy is nix baix bxlangrik nix xn nxt wil opgxx, onthou dix ou tikmasjixn. Jy is bxlangrik, xn as jy sou onttrxk sal niks rondom jou wxrk soos dit moxt nix.

Mini Habit: Omarm en vier jou gawes. Wat is dit wat jy bring wat spesiaal is? Hoe kan jy dit celebrate. Vra vir mense om jou om vir jou te sê op watter manier jy spesiaal is.

Tuesday, September 15, 2009

Mini Habit 30: Kies om lief te hê

Liefde is om te kies om die regte ding te doen ongeag hoe jy voel.
Heldur Nork

Moenie tyd mors om te wonder of jy jou naaste lief het nie, begin optree asof jy hom liefhet. Sodra ons dit doen, ontdek ons een van die groot lewensgeheime. As ons optree asof ons iemand liefhet, begin jy hom spoedig liefhê. As jy iemand seermaak wat jy liefhet, kom jy agter dat jy hom al minder van hom hou. As jy hom ‘n guns doen, sal jy ontdek dat hy jou minder irriteer.

In his book Mere Christianity, C.S. Lewis

Mini Habit: Tree op asof jy liefhet!

Monday, September 7, 2009

Mini Habit 28: Love is an act

“Love isn’t an act, it’s a whole life.

It’s staying with her now because she needs you;

it’s knowing you and she will still care about each other

when sex and daydreams, fights and futures—

when all that’s on the shelf and done with.

Love—why,

I’ll tell you what love is:

it’s you at seventy-five and her at seventy-one,

each of you listening for the other’s step

in the next room, each afraid

that a sudden silence, a sudden cry,

could mean a lifetime’s talk is over.”

Brian Moore, The Luck of Ginger Coffey

Monday, August 31, 2009

Mini Habit 23: Sien volmaaktheid in ander raak

SØren Kierkegaard vertel 'n storie oor twee skilders.

Die een skilder sê vir die ander: "My ideaal is om ’n volmaakte skildery te skilder. Dit vereis ’n volmaakte model. Ek het egter al die hele wêreld deursoek en kon nêrens ’n volmaakte model kry nie. Elkeen het een of ander skeet of gebrek. So ek het nog nie my skildery geskilder nie."

Toe antwoord die tweede skilder: "Ek is maar eenvoudig. Ek het nog nie eintlik gereis nie. Ek kyk maar net na die mense wat ek om my sien, en elkeen van hulle het sekere volmaakthede wat hulle die moeite werd maak om te skilder. Ek het al my skildery klaargemaak.

Dan vra Kierkegaard: "Wie is nou eintlik die ware kunstenaar; die een wat ’n volmaakte model nodig het om te skilder of die een wat volmaakthede in mense raaksien en dit dan skilder?"

Kierkegaard sê deur sy storie dat die skilder wat die goeie in mense raaksien en dit dan skilder die beter skilder is. Little Habits roep ons op om op te hou droom oor volmaakte mense om lief te hê. Ons droom oor volmaakte kollegas, kinders vriende en dink hoe ons hulle gaan aanvaar en omgee. Maar sulke mense kry ons nooit.

Mini Habits: Fokus op die mense wat by jou is se uniekheid en volmaakthede. Hê hulle lief!

Monday, August 17, 2009

Mini Habit 14: Party!

Iemand het opgemerk: “Christians are kind people in a bad mood. Maar hoekom?

Afhangende van jou voorkeur in goeie wyn en kos is die verhaal oor Jesus by die troue vir jou goeie of ontstellende nuus. Hoekom kies Jesus om Sy grootheid vir die wêreld te wys by ‘n onthaal? Nie ‘n wondergenesing nie. Nie ‘n preek nie. Hy loop tot agter die bar by die troue en maak 600 liter vir ‘n loopdop.

Die verhaal (in die boek Johannes 2) stel ons voor aan Iemand wat baie nader is aan ‘n partytjie as aan die kerk. Jesus is The Way, the Truth and the Life ...of the Party.

God se tyd is partytjie-tyd. Regte diep connection. Nie net emosionele promiskuwiteit – wat jou lighooftig laat van geestelikheid nie. Partytjies wat regte honest feesvierings is van die lewe. Tye wanneer ‘n mens jou hele bestaan vier en geniet. Oomblikke wanneer ‘n mens speel in God se hele wêreld. Play en Pray rym nie verniet nie.

Dit is sulke oomblikke wat ons weer laat aangaan met die lewe.

Mag Jesus ons al meer vat in die rigting van ‘n partytjie en al minder in die rigting van die kerk.

Mag Jesus ons al meer oordadig vrygewig maak en al minder krampagtig laat vashou aan ons kleinlikhede

Mini Habit: Wat is daar tans in jou lewe wat jy wil celebrate? Nooi ‘n paar mense oor en hou ‘n party. Sommer vandag nog.

Tuesday, August 4, 2009

Mini Habit 3: Nooi mense vir brood en wyn


The most important word on the internet is not "Search". The most important word on the internet is "Share". Sharing is the driver. Sharing is the DNA. We use Social Objects to share ourselves with other people. We're primates. we like to groom each other. It's in our nature. - Seth Godin

Seth Godin verduidelik dat alle deep connection plaasvind rondom wat Jaiku's Jyri Engestrom noem "Social Objects".

‘n “Social Object” is ‘n ‘sharing device.” Dit is ‘n “iets” waardeur mense kommunikeer en connect. Dit is die knooppunte in die visnet. Die as van die wiel. Die knop van die blom.

Vir gelowiges is dit vir 2000 jaar al Jesus wat by hulle, tussen hulle is. Die ‘iets’ wat hulle hieraan herinner het – is die liefdesmaal. Hulle het wyn gebring en brood gebring en dit saam geëet en stories vertel en hulle lewens gedeel.

Seth verduidelik dat mense sosialiseer deur voorwerpe. Ons raak opgewonde oor iets buite onsself en nooi mense om dit met ons te deel. Dink aan selfone of Scotch Whisky of Apple rekenaars of Springbok rugby of meditasie. Vir gelowiges is dit nie ‘n “ding’ nie maar ‘n “Iemand” wat tussen ons is. En die simbool van God se teenwoordigheid is die nagmaal.

Wat die”eet en drink” betekenisvol maak is nie net dat dit ‘n simbool is nie, maar oor die sharing wat plaasvind. Dis nie die wyn wat belangrik is nie maar die gesprekke wat plaasvind.

In die vroeë kerk was hierdie byeenkomste so oop en caring wat jy dit as ‘n geskenk vir jou vriende kon aanbied – “kom saam met my.” Dit is dan wanneer die goeie nuus ‘n virus raak wat sy eie loop neem.

Hoe raak die nagmaal ‘n ‘social object?” As ons dit oor en oor doen saam met mense. Ek dink hierdie een ‘social object’ – ‘n gesamentlike maaltyd is die toekoms van die kerk.

Mini Habit: Nooi mense en breek brood en skink wyn (of pizza en coke) en skep ‘n ruimte waar mense hulle stories en lewens deel.