Thursday, October 8, 2009

Mini Habit 37: Die klient is altyd …WEG

Groei vind plaas as ek nie meer aan myself dink aan ‘n klient in die kerk nie maar as ‘n mede reisiger. As ek skuif van verbruiker “Hoe oorleef ek?” na ‘n burger van hierdie nuwe werklikheid van God “Hoe leef ek?”
Mini Habit: Dink aan een ding wat jy kan doen om te skuif van klient na die een wat die diens lewer.

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Tuesday, October 6, 2009

Mini Habit 35: Her-evalueer jou 'wortel-metafoor'

‘n Wortel-metafoor of paradigma is daardie intuitiewe gevoel van hoe alles in mekaar steek. Dit is hoe ‘n mens te diepste voel die verhoudings tussen verskillende goed werk. Eindeindelik: hoe jy dink die lewe werk.
Ons wortel-metafore is nie iets wat ons bysit by ons lewe nie nie, dit bepaal hoe ons al die ander goed in die lewe sien. Dalk is die ding wat keer dat ons diep connections met God het die prentjies/metafore waarmee ons oor God probeer dink.
Mini Habit: Dalk moet jy nie harder probeer om met God kontak te maak nie nie. Dalk moet jy dood eenvoudig jou vorige verstaan van die hele lewe afbreek en van onder af ‘n nuwe een laat groei met God in die middel. die belangrikste ding in die lewe is nie hoe ver jy van God voel nie, maar hoe naby God aan jou is.

Monday, October 5, 2009

Mini Habit 34: Stop by mense

To love is to give one's time. We never give the impression that we care when we are in a hurry.
Paul Tournier
Mini Habit: Die eerste geskenk van liefde is tyd. Is daar betekenisvolle verhoudings in jou lewe waarby jy aan die verby leef is? Neem jou dagboek en boek tyd uit saam met hierdie mense - sommer net tyd om te wees by mekaar.

Monday, September 28, 2009

Mini Habit 33: Gee om vir EEN mens

The easiest kind of relationship for me is with ten thousand people. The hardest is with one.
Joan Baez
Mini Habit: In plaas daarvan om alle mense lief te hê, word ons dalk in die eerste plek geroep om die mense met wie ons WEL kontak het elke dag, deur God se oë te sien. Is daar EEN mens wat tans op jou gemoed lê? Hoe kan jy vir haar of hom goed wees?

Monday, September 21, 2009

Mini Habit 32: Reis na 'n ander se eiland

The most important trip you may take in life is meeting people halfway.
Henry Boye

Love is not only something you feel. It is something you do.
David Wilkerson

Wednesday, September 16, 2009

Mini Habit 31: Nxt xxn foutjix

Sxlfs al is hixrdix tikmasjixn ‘n ou modxl, wxrk dit nog baix goxd, bxhalwx vir xxn ou slxutxltjix. Jou sou dink dat as al dix andxr wxrk dit nix saak sou maak as xxn foutixf is nix, dat nixmand dit xxrs sou agtxrkom nix. Maar nxt xxn foutjix bxdxrf dix hxlx xffxk.
Hxt jy al ooit vir jousxlf gxsê: “Xk’s nxt xxn mxns. Wat xk doxn maak gxxn vxrskil nix.” Dit maak ‘n vxrskil, as xlkxxn nix sy of haar bixtjix doxn nix, kan ‘n famlix, dorp of kxrk nix bxstaan nix.
As jy dus xxn van daai dax hxt wat jy dink jy is nix baix bxlangrik nix xn nxt wil opgxx, onthou dix ou tikmasjixn. Jy is bxlangrik, xn as jy sou onttrxk sal niks rondom jou wxrk soos dit moxt nix.

Mini Habit: Omarm en vier jou gawes. Wat is dit wat jy bring wat spesiaal is? Hoe kan jy dit celebrate. Vra vir mense om jou om vir jou te sê op watter manier jy spesiaal is.