Thursday, October 8, 2009

Mini Habit 37: Die klient is altyd …WEG

Groei vind plaas as ek nie meer aan myself dink aan ‘n klient in die kerk nie maar as ‘n mede reisiger. As ek skuif van verbruiker “Hoe oorleef ek?” na ‘n burger van hierdie nuwe werklikheid van God “Hoe leef ek?”
Mini Habit: Dink aan een ding wat jy kan doen om te skuif van klient na die een wat die diens lewer.

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Tuesday, October 6, 2009

Mini Habit 35: Her-evalueer jou 'wortel-metafoor'

‘n Wortel-metafoor of paradigma is daardie intuitiewe gevoel van hoe alles in mekaar steek. Dit is hoe ‘n mens te diepste voel die verhoudings tussen verskillende goed werk. Eindeindelik: hoe jy dink die lewe werk.
Ons wortel-metafore is nie iets wat ons bysit by ons lewe nie nie, dit bepaal hoe ons al die ander goed in die lewe sien. Dalk is die ding wat keer dat ons diep connections met God het die prentjies/metafore waarmee ons oor God probeer dink.
Mini Habit: Dalk moet jy nie harder probeer om met God kontak te maak nie nie. Dalk moet jy dood eenvoudig jou vorige verstaan van die hele lewe afbreek en van onder af ‘n nuwe een laat groei met God in die middel. die belangrikste ding in die lewe is nie hoe ver jy van God voel nie, maar hoe naby God aan jou is.

Monday, October 5, 2009

Mini Habit 34: Stop by mense

To love is to give one's time. We never give the impression that we care when we are in a hurry.
Paul Tournier
Mini Habit: Die eerste geskenk van liefde is tyd. Is daar betekenisvolle verhoudings in jou lewe waarby jy aan die verby leef is? Neem jou dagboek en boek tyd uit saam met hierdie mense - sommer net tyd om te wees by mekaar.