Friday, July 31, 2009

Mini Habit 1: Die vryheid van bruikbaarheid

Hoe kry ‘n mens reg om besittings regtig te geniet sonder dat dit jou besit?

‘n Eenvoudige lewe bring vryheid. ‘n “Slow” lewe bring vreugde en balans. (Behalwe as dit net weer ons kooplus voed in ‘n winkelsentrum.) Maar Arthur Gish verwoord ons probeem so: We buy things we do not want, to impress people we do not like. Eers koop ons goed en dan besit dit ons.

Abundance vloei uit ‘n houding van vertroue. Ons connect met ons centre – daardie diep rus wat ons in God het in ons binneste en dan verander ons houding teenoor die goed wat ons besit.

Mini Habit: Koop goed vir hulle gebruikswaarde en nie hulle status nie. Vra na wat ek nodig het en koop dan daardie klere, rekenaar, motor, huis. Die vraag is nie wat gaan ander daarvan dink nie. People of the Way probeer mense nie beindruk met wat hulle HET nie, maar wie hulle IS.

Gaan kyk ook wat doen Dave Bruno met sy “100 Thing Challenge.” Dis sy persoonlike poging om ‘n verbruikersamelewing aan te vat.


Thursday, July 30, 2009

Kruis Manifesto

Things are not the way they are supposed to be

Ons leef in ‘n wêreld van wantroue – Waar in mens dikwels nie weet of enige kontak real is nie

Ons leef in ‘n wêreld van kompetisie – Waar sukses gemeet word aan hoeveel jy het of hoe hoog jy die leer klim

Ons leef in ‘n wêreld van loneliness – Waar ons vervreemd is van mekaar. Waar dit lyk of almal in beheer. Waar ons dikwels stoksiel alleen voel en is.

Ons leef in ‘n wêreld van selfhelp-guru’s – Waar ‘n mens die heeltyd voel: “I want more” En daardie behoefte nooit bevredig word nie.

Ons leef in ‘n wêreld van “so what!” – Dis boring, daar is geen spark nie, geen excitement nie. Dit het ‘n 9 to 5 doodsheid


Dit maak ons kwaad!

Ons is kwaad vir die kerk omdat hulle nie hard en duidelik sê dit kan anders weet nie.

So dikwels wil hulle ons net leer cope – maar dit nie leer challenge nie

Hulle wil ons leer oorleef maar nie leef nie

Dit maak ons kwaad en mismoedig.

Want ons weet…

Ons is deel van ‘n storie van ‘n nuwe community en ‘n nuwe wêreld.

Ons is deel van ‘n storie van grace – Waar mense in realness onvoorwaardelik aanvaar word.

Ons is deel van ‘n storie van honesty – Waar geloof ons in die werklikheid inlei en ons nie daarvan vervreem nie.

Ons is deel van ‘n storie van connection – Van regte deep soul-to-soul vriendskap.

Ons is deel van ‘n storie van innovation – Waar die status quo in die moeilikheid is en ons nuwe goed droom en doen – Waar daar gelowiges is wat die moed het om te sê: “Dit kan anders”

Ons is deel van ‘n storie van teachablity – Waar mense geken word nie deur voorgee nie, maar deur leerbaarheid.

Ons is deel van ‘n storie van abundance – Waar ons die goeie goed wat ons vrylik ontvang het weer carefree uitdeel. Waar ons speel en lag en vergewe.

Ons is deel van ‘n storie van van men and woman of doubtful reputation hanging around Jesus

- eating meals with Him and each other, treating one another like old friends.

Ons bely dat ons baie keer vergeet dat ons deel is van hierdie nuwe community.

Maar ons weet dat dit ons diepste behoefte is.

Dat so ‘n lewe ons vrymaak en alive laat voel.

Dat so ‘n lewe lei na real honest deep connections met onsself, ander, die natuur en God

Daarom gaan ons ons geloof leef in little habits: small bite-sized pieces of faith in our ordinary lives that make them extraordinary.

Daarom gaan ons nuwe communities stig wat demo’s kan wees van hierdie nuwe wêreld van God.

Dit is wat ons glo dit beteken:

to hang around Jesus listening intently.

Om die nuusbrief te ontvang klik hier: NUUSBRIEF