Thursday, October 8, 2009

Mini Habit 37: Die klient is altyd …WEG

Groei vind plaas as ek nie meer aan myself dink aan ‘n klient in die kerk nie maar as ‘n mede reisiger. As ek skuif van verbruiker “Hoe oorleef ek?” na ‘n burger van hierdie nuwe werklikheid van God “Hoe leef ek?”
Mini Habit: Dink aan een ding wat jy kan doen om te skuif van klient na die een wat die diens lewer.

Wednesday, October 7, 2009

Mini Habit 36: Ry weg die rommel

Voordat ek ‘n nuwe gebou kan bou op die plek waar die ou een staan wat inmekaar getuimel het moet ek eers die rommel wegry. Die ou kerkvaders het dit reformasie genoem – eers afbreek en dan van nuuts af opbou.
Ons het almal van tyd tot tyd nuwe prentjies nodig vir waarheen ons op pad is. Nuwe drome wat in ons harte brand. Nuwe planne waaraan ons ons energie wy.
Mini habit: Maar net dalk moet jy eers skoonmaak voordat jy nuut begin. Wat sal dit van jou vra om die rommel weg te ry? ‘n Gesprek met iemand wat jy moet vergewe? ‘n Oproep na iemand wat jou moet vryspreek? ‘n Hart-uitpraat sessie by ‘n vriend? ‘n Eerlike oomblik met ‘n vriendin?

Tuesday, October 6, 2009

Mini Habit 35: Her-evalueer jou 'wortel-metafoor'

‘n Wortel-metafoor of paradigma is daardie intuitiewe gevoel van hoe alles in mekaar steek. Dit is hoe ‘n mens te diepste voel die verhoudings tussen verskillende goed werk. Eindeindelik: hoe jy dink die lewe werk.
Ons wortel-metafore is nie iets wat ons bysit by ons lewe nie nie, dit bepaal hoe ons al die ander goed in die lewe sien. Dalk is die ding wat keer dat ons diep connections met God het die prentjies/metafore waarmee ons oor God probeer dink.
Mini Habit: Dalk moet jy nie harder probeer om met God kontak te maak nie nie. Dalk moet jy dood eenvoudig jou vorige verstaan van die hele lewe afbreek en van onder af ‘n nuwe een laat groei met God in die middel. die belangrikste ding in die lewe is nie hoe ver jy van God voel nie, maar hoe naby God aan jou is.

Monday, October 5, 2009

Mini Habit 34: Stop by mense

To love is to give one's time. We never give the impression that we care when we are in a hurry.
Paul Tournier
Mini Habit: Die eerste geskenk van liefde is tyd. Is daar betekenisvolle verhoudings in jou lewe waarby jy aan die verby leef is? Neem jou dagboek en boek tyd uit saam met hierdie mense - sommer net tyd om te wees by mekaar.

Monday, September 28, 2009

Mini Habit 33: Gee om vir EEN mens

The easiest kind of relationship for me is with ten thousand people. The hardest is with one.
Joan Baez
Mini Habit: In plaas daarvan om alle mense lief te hê, word ons dalk in die eerste plek geroep om die mense met wie ons WEL kontak het elke dag, deur God se oë te sien. Is daar EEN mens wat tans op jou gemoed lê? Hoe kan jy vir haar of hom goed wees?

Monday, September 21, 2009

Mini Habit 32: Reis na 'n ander se eiland

The most important trip you may take in life is meeting people halfway.
Henry Boye

Love is not only something you feel. It is something you do.
David Wilkerson

Wednesday, September 16, 2009

Mini Habit 31: Nxt xxn foutjix

Sxlfs al is hixrdix tikmasjixn ‘n ou modxl, wxrk dit nog baix goxd, bxhalwx vir xxn ou slxutxltjix. Jou sou dink dat as al dix andxr wxrk dit nix saak sou maak as xxn foutixf is nix, dat nixmand dit xxrs sou agtxrkom nix. Maar nxt xxn foutjix bxdxrf dix hxlx xffxk.
Hxt jy al ooit vir jousxlf gxsê: “Xk’s nxt xxn mxns. Wat xk doxn maak gxxn vxrskil nix.” Dit maak ‘n vxrskil, as xlkxxn nix sy of haar bixtjix doxn nix, kan ‘n famlix, dorp of kxrk nix bxstaan nix.
As jy dus xxn van daai dax hxt wat jy dink jy is nix baix bxlangrik nix xn nxt wil opgxx, onthou dix ou tikmasjixn. Jy is bxlangrik, xn as jy sou onttrxk sal niks rondom jou wxrk soos dit moxt nix.

Mini Habit: Omarm en vier jou gawes. Wat is dit wat jy bring wat spesiaal is? Hoe kan jy dit celebrate. Vra vir mense om jou om vir jou te sê op watter manier jy spesiaal is.

Tuesday, September 15, 2009

Mini Habit 30: Kies om lief te hê

Liefde is om te kies om die regte ding te doen ongeag hoe jy voel.
Heldur Nork

Moenie tyd mors om te wonder of jy jou naaste lief het nie, begin optree asof jy hom liefhet. Sodra ons dit doen, ontdek ons een van die groot lewensgeheime. As ons optree asof ons iemand liefhet, begin jy hom spoedig liefhê. As jy iemand seermaak wat jy liefhet, kom jy agter dat jy hom al minder van hom hou. As jy hom ‘n guns doen, sal jy ontdek dat hy jou minder irriteer.

In his book Mere Christianity, C.S. Lewis

Mini Habit: Tree op asof jy liefhet!

Monday, September 14, 2009

Mini Habit 29: Waag dit om lief te hê

'n Gunsteling aanhaling uit C.S.Lewis se boek The Four Loves:

I believe that the most lawless and inordinate loves are less contrary to God’s will than a self-invited and self-protective lovelessness…We shall draw nearer to God, not by trying to avoid the sufferings inherent in all loves, but by accepting them and offering them to Him; throwing away all defensive armour. If our hearts need to be broken, and if He chooses this as a way in which they should break, so be it. What I know about love and believe about love and giving ones heart began in this.
Mini Habit: Waag dit om lief te hê, al is dit onbeholpe.

Monday, September 7, 2009

Mini Habit 28: Love is an act

“Love isn’t an act, it’s a whole life.

It’s staying with her now because she needs you;

it’s knowing you and she will still care about each other

when sex and daydreams, fights and futures—

when all that’s on the shelf and done with.

Love—why,

I’ll tell you what love is:

it’s you at seventy-five and her at seventy-one,

each of you listening for the other’s step

in the next room, each afraid

that a sudden silence, a sudden cry,

could mean a lifetime’s talk is over.”

Brian Moore, The Luck of Ginger Coffey

Friday, September 4, 2009

Mini Habit 27: Fake it till you make it

Newspaper columnist and minister George Crane tells of a wife who came into his office full of hatred toward her husband. "I do not only want to get rid of him, I want to get even. Before I divorce him, I want to hurt him as much as he has me."
Dr. Crane suggested an ingenious plan "Go home and act as if you really love your husband. Tell him how much he means to you. Praise him for every decent trait. Go out of your way to be as kind, considerate, and generous as possible. Spare no efforts to please him, to enjoy him. Make him believe you love him. After you've convinced him of your undying love and that you cannot live without him, then drop the bomb. Tell him that you're getting a divorce. That will really hurt him." With revenge in her eyes, she smiled and exclaimed, "Beautiful, beautiful. Will he ever be surprised!"
And she did it with enthusiasm. Acting "as if." For two months she showed love, kindness, listening, giving, reinforcing, sharing. When she didn't return, Crane called. "Are you ready now to go through with the divorce?"

"Divorce?" she exclaimed. "Never! I discovered I really do love him."
Mini habit: Ons gedrag verander dikwels one gevoelens. "Motion " loop uit op "emotion." Ons vermoë om lief te hê kom dikwels tot stand, nie soseer deur 'n besluit nie, maar deur goed wat ons oor en oor doen - little habits. Miskien is daar 'n rol by die werk, 'n projek, 'n verhouding waarin jy kan voorgee totdat die klein gewoonte 'n werklikheid begin raak.

Thursday, September 3, 2009

Mini Habit 26: Stop en hoop

Faith has to do with things that are not seen and hope with things that are not at hand.
Thomas Aquinas.

Met Pandorta en Epimetheus se troue gee Mercury vir die jong egpaar 'n boksie om te geniet. Maar onder geen omstandighede mag hulle dit oopmaak nie.
Soos dit gaan met stories van verbode vrugte kry Pandora se nuuskierigheid die oorhand. Die ding wat sy verbied is om te doen is toe later al wat sy wil doen. Een dag loer sy toe in die boksie. Skielig borrel daar 'n swerm insekte uit en steek die twee jong geliefdes met wantroue, haat, vrees en agterdog. Die eens gelukkige paartjie begin nou stry. Epimetheus raak bitter en Pandora huil met 'n gebroke hart.
Te midde van die onmin hoor hulle 'n klein stemmetjie roep: Laat my uitkom! Ek sal julle pyn wegneem.
Vreesbevange maak hulle weer die boksie oop en die keer glip daar 'n mooi skoenlappetjie uit. Dit roer albei van hulle en wonder bo wonder begin hulle pyn verminder en raak hulle weer gelukkig.
Die skoenlappertjie, so gaan die verhaal, is 'hoop.'
Dit is hoop wat ons dra, dit is hoop wat ons pyn salf!
Mini Habit: As ons ons lewens vanuit God se perspektief sien en bewus raak van wat God beloof het, groei hoop in ons. As ons egter vergeet waarheen God met ons op pad is, raak ons vasgevang in elke dag se probleme en raak die lewe vir ons hopeloos. Raak bewus van die klein stemmetjie van hoop in jou verhoudings, by die werk, in jou vriendskappe en in jou lewe.

Wednesday, September 2, 2009

Mini Habit 25: Staan op

Success is never final. Failure is never fatal.
Joe Paterno

Mini Habit: Jesus se grootste nederlaag was sy grootste oorwinning. Die opstanding maak ons 'opstandig.' Mislukking is nooit finaal nie.

Tuesday, September 1, 2009

Mini Habit 24: Be vulnerable

There is no safe investment. To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly be broken.
If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket — safe, dark, motionless, airless — it will change.
It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. The alternative to tragedy, or at least to the risk of tragedy, is damnation.
The only place outside Heaven where you can be perfectly safe from all the dangers and disruptions of love is Hell.


C.S.Lewis in sy boek The Four Loves


Mini Habit: Kies om jouself kwesbaar the hou vir liefde, selfs al het jy in die verlede seergekry. Wys vandag vir iemand wat sy of haar vriendskap of kameraadskap vir jou beteken.

Monday, August 31, 2009

Mini Habit 23: Sien volmaaktheid in ander raak

SØren Kierkegaard vertel 'n storie oor twee skilders.

Die een skilder sê vir die ander: "My ideaal is om ’n volmaakte skildery te skilder. Dit vereis ’n volmaakte model. Ek het egter al die hele wêreld deursoek en kon nêrens ’n volmaakte model kry nie. Elkeen het een of ander skeet of gebrek. So ek het nog nie my skildery geskilder nie."

Toe antwoord die tweede skilder: "Ek is maar eenvoudig. Ek het nog nie eintlik gereis nie. Ek kyk maar net na die mense wat ek om my sien, en elkeen van hulle het sekere volmaakthede wat hulle die moeite werd maak om te skilder. Ek het al my skildery klaargemaak.

Dan vra Kierkegaard: "Wie is nou eintlik die ware kunstenaar; die een wat ’n volmaakte model nodig het om te skilder of die een wat volmaakthede in mense raaksien en dit dan skilder?"

Kierkegaard sê deur sy storie dat die skilder wat die goeie in mense raaksien en dit dan skilder die beter skilder is. Little Habits roep ons op om op te hou droom oor volmaakte mense om lief te hê. Ons droom oor volmaakte kollegas, kinders vriende en dink hoe ons hulle gaan aanvaar en omgee. Maar sulke mense kry ons nooit.

Mini Habits: Fokus op die mense wat by jou is se uniekheid en volmaakthede. Hê hulle lief!

Friday, August 28, 2009

Mini Habit 22: Sê dat jy lief is

Ek lees die volgende storie:
Dit was die dag wat my pa gesterf het. Dit was ‘n bleek, koue en winderige dag in Junie. Ek het hom in my arms ondersteun in die klein hospitaal-kamertjie, toe sy oë skielik gerek het met ‘n verafkyk wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Ek was seker dat die dood die kamer binnegekom het. My pa het agteroor gesak en ek het sy kop saggies op die kussing laat sak. Ek het sy oë toegemaak en vir ma, wat langs die bed sit en bid het, gesê: "Dit is alles oor. Pa is dood."
Sy het my laat skrik. Ek sal nooit weet waarom haar eerste woorde was na my pa se dood nie. Sy sê: "Ag, hy was so trots op jou. Hy het jou so lief gehad."

Uit my reaksie het ek geweet dat die woorde iets baie belangrik vir my gesê het. Hulle was soos ‘n ligstraal wat skielik deurgebreek het, soos ‘n helder-gedagte wat ek nog nooit regtig besef het nie. En tog was daar ongetwyfeld ‘n snykant van pyn, asof ek my pa beter gaan ken in sy dood as wat ek hom in die lewe geken het.

Later toe die dokter besig was om te bevestig dat hy dood is, het ek in die verste hoek van die kamertjie teen die muur gestaan en leun. Ek het saggies gehuil. ‘n Verpleegster het na my toe gekom en haar arm vertroostend om my gesit. Ek kon nie praat deur die trane nie, maar ek wou vir haar sê:

"Ek huil nie omdat my pa dood is nie. Ek huil omdat my pa nooit vir my gesê het hy is trots op my nie. Hy het nooit vir my gesê hy het my lief nie. Natuurlik was ek veronderstel om die dinge te weet, dit was verwag dat ek sou weet watter groot rol ek in sy lewe gespeel het en watter groot deel van my hart en besit het. Maar hy het dit nooit vir my gesê nie."

Mini Habit: Sê vandag (en elke dag) vir die mense wat jy liefhet hoeveel hulle vir jou beteken.

Thursday, August 27, 2009

Mini Habit 21: Discover WHY!

There are two great days in a person’s life – the day we are born and the day we discover why.
Mini Habit: Stop en ontdek wat is JOU "HOEKOM"!

Wednesday, August 26, 2009

Mini Habit 20: Dra water saam

The grass is not, in fact,

always greener

on the other side of the fence.

Fences have nothing to do with it.

The grass is greenest

where it is watered.

When crossing over fences,

carry water with you

and tend the grass

wherever you may be. -Robert Fulghum

Mini Habit: Hoe ons kyk na situasies en mense het 'n groot invloed om hoe ons dit en hulle ervaar en hanteer. Stop 'n oomblik en sien jouself en die mense met wie jy te doen het deur God se sagte oë.

Tuesday, August 25, 2009

Mini Habit 19: Gebruik jou "letter" wyslik

Stel jouself voor 5 biljoen jaar van die aarde se bestaan is 'n stel boeke met 10 volumes. Elke boek het 500 bladsye. Elke bladsy vertel ‘n miljoen jaar se skepping
Wanneer lees ons van die lewe? Eers in die laaste hoofstuk van boek 7. Lewe met organismes met selle in elke geval.
Vol 8 word vir eerste keer van die groter lewe geskryf. Die grootste deel gaan oor plante, en water wesens.
Op bl 444 van volume 9 kom reptiele by en toe voels. Toe warmbloedige diere, 5 bladsye later.
Op bladsy 499 van vol 10 kom die mens die eerste keer in die oog. Die laaste bladsy van die laaste boek. Die laatkomer sê dan onmiddelik hy wil heers.
Die laaste 2 woorde op die laaste bladsy vertel die verhaal van beskawing wat ons van weet (laaste 6000 jaar)
Wat beteken dit: Here skep al biljoene jare aan ons planeet. Ons het nie die aarde geskep nie. Lewe het bestaan lank voor ons en ons is daarvan afhanklik.

En wat het ons in die twee woorde, wat daar oor ons geskryf staan, gedoen? Elke dag gebruik die wêreldwye ekonomie ‘n hoeveelheid energie wat die aarde meer as 25 jaar geneem het om te maak en te stoor (as steenkool of olie) uit die son se hitte . Dit is asof ons ‘n hele lewe se salaris op ‘n enkele dag uitgee.

Mini Habit: Kry perspektief op ons se rol in die skepping en vra: "Op hoe 'n manier is ek 'n goeie oppasser van God se skepping?"

God het besluit om sekere plante op sekere plekke op aarde te plant. Volg God se voorbeeld en plant iets lokaal inheems.

Sunday, August 23, 2009

Mini Habit 18: Call evil's bluff

As gelowiges weet ons dat boosheid nooit die laaste sê het nie. Maak nie saak hoeveel mense ons probeer boelie nie - die lewe is sterkter as die dood. Waarheid is sterker as leuens. Hoop is sterker as manupilasie.

'n Slagter maak een oggend sy winkel oop toe 'n hasie sy kop by die deur insteek. Die slagter was verbaas toe die hasie vra: "Enige wortels?" Nee, sê die slagter, dit is 'n slaghuis - ons verkoop vleis nie groente nie." Die hasie hop toe weg.

Die volgende oggend net na die slagter weer oopgesluit het, loer die hasie weer om die draai: "Enige wortels?" Luister klein rot!" sê die slagter nou geirriteerd, "ek het jou gister gesê ons verkoop nie groente nie. As jy weer hier inloer dan gryp ek jou aan die keel en spyker daai lang ore van jou aan die grond vas."

Vinnig is die hasie toe daar weg en niks gebeur vir 'n paar dae nie. Toe een oggend loer die hasie weer om die draai en sê: "Het jy enige spykers?"
Die slagter antwoord, "Nee."
Toe sê die hasie: "Enige wortels?"

Mini Habit: Wanneer jy met boosheid gekonfronteer word - call it's bluff!

Friday, August 21, 2009

Mini Habit 17: Kies kontak wat jou opbou

In die sestiger jare was Fritz Perls 'n gestalt terrapeut. Gestalt terrapie het gegroei uit kuns geskiedenis. Dit stel voor dat jy die 'geheel' moet verstaan voordat jy die dele gaan verstaan. Jy moet kyk na die hele kultuur, die hele familie, die hele community ens.
Hy stel verder voor dat in alle verhoudings mense of toxic of opbouend teenoor mekaar is. Een mense is ook nie in alle verhouding toxic of opbouend nie. Daar is egter 'n toets om vas te stel of 'n persoon in 'n verhouding met jou toxic of opbouend is: As jy tyd met die persoon spandeer, het jy teen die einde meer of minder energie?
Dit kan enige tyd wees, 'n drink saam of ete, 'n game saam kyk of saam werk. Dit maak nie eintlik saak nie. Die vraag is: Is jy pootuit of op 'n high? As jy moeër is, is jy vergiftig. As jy meer energie het, is jy gevoed.
Mini Habit: Kies om meer tyd te spandeer saam met mense wat jou opbou en om jou kontak met mense wat jou dreineer te beperk. Wat kan jy onmiddelik doen om die impak van toksiese verhoudings in jou lewe te verminder? Hoe kan jy jou lewe anders struktureer om meer tyd te spandeer met mense wat jou energize?

Thursday, August 20, 2009

Mini Habit 16: Reël 7 - Doen die werk

Ek lees by Michael Leddy se blog Orange Crate Art van Reël 7: Doen die werk. Dit is so 'n Zen-agtige ernstige grappie wat al die ander reëls wat mense volg van die tafel stamp.
Die enigste reël is werk. As jy werk lei dit tot iets. Mense wat die werk doen sal eindeindelik op iets afkom. Dit sê nie werk is ALLES nie. Dit sê werk is nodig.
Die enigste manier om iets te ontdek, te laat gebeur, te verander, is om tyd in te sit. Is om die werk te doen.
Werk kan wees om sketse te maak, of goed te memoriseer, of 'n argument op papier te sit, om 'n tydlyn te bestudeer, om notas op artikel te maak, om te gaan sit by haar om te luister, om gaaf te wees met hom.
Aktiwiteite wat ons regtig alive laat voel vra 'n betekenisvolle belegging van tyd en energie. Anders as Nike se “Just do it”, bevestig reël 7 dat om te leer en te groei moeilik is. Dit vat iets van ons. Dinge is dalk nie so duidelik aan die begin nie. Jy kan nie “Just do it” nie.

Mini Habit: Wat is daar wat van jou werk vra. Wat kan jy doen om 'n betekenisvolle deel van jou dag aan hierdie werk af te staan?

Wednesday, August 19, 2009

Mini Habit 15: Love everything

Love all Creation.
The whole of it and every grain of sand.
Love every leaf,
Every ray of God’s light.
Love the animals.
Love the plants.
Love everything.
If you love everything,
You will perceive
The divine mystery in things.
And once you have perceived it,
You will begin to comprehend it ceaselessly,
More and more every day.
And you will at last come to love the whole world,
With an abiding universal love.

FYODOR DOSTOYEVSKY -

Mini Habit: Love everything. Kom ons leer om met God se sagte oë na alles en almal om ons te kyk.

Monday, August 17, 2009

Mini Habit 14: Party!

Iemand het opgemerk: “Christians are kind people in a bad mood. Maar hoekom?

Afhangende van jou voorkeur in goeie wyn en kos is die verhaal oor Jesus by die troue vir jou goeie of ontstellende nuus. Hoekom kies Jesus om Sy grootheid vir die wêreld te wys by ‘n onthaal? Nie ‘n wondergenesing nie. Nie ‘n preek nie. Hy loop tot agter die bar by die troue en maak 600 liter vir ‘n loopdop.

Die verhaal (in die boek Johannes 2) stel ons voor aan Iemand wat baie nader is aan ‘n partytjie as aan die kerk. Jesus is The Way, the Truth and the Life ...of the Party.

God se tyd is partytjie-tyd. Regte diep connection. Nie net emosionele promiskuwiteit – wat jou lighooftig laat van geestelikheid nie. Partytjies wat regte honest feesvierings is van die lewe. Tye wanneer ‘n mens jou hele bestaan vier en geniet. Oomblikke wanneer ‘n mens speel in God se hele wêreld. Play en Pray rym nie verniet nie.

Dit is sulke oomblikke wat ons weer laat aangaan met die lewe.

Mag Jesus ons al meer vat in die rigting van ‘n partytjie en al minder in die rigting van die kerk.

Mag Jesus ons al meer oordadig vrygewig maak en al minder krampagtig laat vashou aan ons kleinlikhede

Mini Habit: Wat is daar tans in jou lewe wat jy wil celebrate? Nooi ‘n paar mense oor en hou ‘n party. Sommer vandag nog.

Mini Habit 13: Hou op jou eie geestelike temperatuur neem

Martin Luther ontdek dat die ding wat ons vrymaak 'to treat others like old friends' is God se genade. Die Goeie Nuus maak ons vry om mense om ons lief te hê. Jesus kies om ons sy vriende te maak en dit spreek ons vry van allerlei godsdienstige pligte om in God se goeie boekies te kom. Ons is vry daarvan om heeltyd ons eie geestelike temperatuur te neem.
Ons vryheid van sonde en skuld maak ons vry om op ander te fokus. Voor dit het ons goeie goed gedoen vir onsself, om op 'n manier aanvaarbaar te wees vir God. Solank ons heeltyd ons eie geestelike temperatuur meet is ssn nog steeds besig met onsself.
Maar nou omdat God se genade uitgestort is op ons - sonder ons toedoen - kan ons dit nou ook aangee vir ander.
Mini Habit: Hou op vra: Hoe kan ek God se genade verdien? Vra liewer: Hoe kan ek die genade van God wat ek reeds het, aangee?

Friday, August 14, 2009

Mini Habit 12: Make excellent mistakes

Daar is 'n verskil tussen 'a mistake' en 'n 'excellent mistake.' 'A mistake' is 'n fout wat jy maak en aangaan met jou lewe. "A excellent mistake' is wanneer jy 'n fout maak en iets leer.
Die lewe gaan oor awareness. Hanging around Jesus gaan daaroor dat ons bewustelik leef. 'n Bewustelike lewe lei na verstaan van myself en die lewe en integrasie.
Die bewus raak van voorveronderstellings en aannames help ons om dieper verhoudings te hê. Aksie-refleksie sirkels in ons lewe help ons om meer bewus te raak. 'n Aksie-refleksie sirkel bestaan uit: doen, dink en bewustelik weer doen.

Mini Habit: Dink aan jou laaste fout. Sit dit deur 'n Aksie-refleksie sirkel. Vertel vir iemand (of skryf neer) wat jy gedoen het. Dink na oor wie jy ten diepste is en hoe jy wil optree en leef. Gaan nou uit en herstel die verhouding wat seergekry het, vat die uitdaging van 'n ander kant af aan, of waag dit om dit anders te doen.

Thursday, August 13, 2009

Mini Habit 11: Vra waarderend

Then God said, “Let us make humankind in our image…”—Genesis 1:26.
Die vrae wat ons vra beinvloed die antwoorde wat ons kry.
Wanneer laas het jy aan 'n pienk oliant gedink? Sopas? Die vraag alleen doen iets met jou.
In 1980 het Cooperrider dit ontdek tydens veldwerk vir navorsing by 'n kliniek in Cleveland. Hy begin deur te vra wat verkeerd is in die kliniek. Hy ontdek egter dat daar 'n klomp initiatief en buigsaamheid, openheid en samewerking is. Toe begin hy vra na hoe hulle dit regkry. Wat hy leer, verander hoe mense werk wat organisasies en mense wil verandeer. Hy noem dit Appreciative Inquiry.
As die aanname agter die vraag wat jy vra waardering veronderstel, gaan jy dit kry. Waarderende vrae fokus nie op wat verkeer is nie, maar op wat mense reeds reg doen. Dit nooi mense met wie ons kontak het om verby die moeilikhede te kyk en te fokus op wie hulle reeds is en wil word. Dit skuif van evaluering na waarderig in verhoudings. Dit sien die beeld van God wat nog dieper in ons is as ons foute en wonde.

Dink of die vrae wat jy vra waardering oproep, suksesse celebrate en belangrike oorwinnings (groot of klein) na die voorgrond skuif. Nooi jou vrae mense om hulle hart veilig op die tafel te plaas en te praat oor wat goed is in hulle lewe. Die gevolg is dikwels onverwagse nuwe verhoudings en gedeelde energie wat vrese en rusie ondergrawe.

Mini Habit: Vra vrae wat die goedheid (Godheid) in mense of sisteme soek. Empower die mense met wie jy kontak het om daardie goedheid meer te maak - deur ander vrae . Gebruik vrae wat op waardering fokus. Vra vrae soos:

Hoe het jy dit reggekry?
Wie is jy as jy jou beste JY is?
Wat, wat jy tans doen, is jy die meeste trots op?
Waaruit put jy jou positiewe energie?
Wat is jou braafste droom?
Waar kan jy die grootste bydrae maak om die wêreld 'n mooier, meer betroubare plek te maak?

Wednesday, August 12, 2009

Mini Habit 10: Just Jump

The Guru softly looked at me

"That was good," he says

"Very good"

I mentally review his instructions...

Breathe

Say a prayer

Step out on the edge

Dive in

...and how I always freeze on the last.

He puts his hand on my shoulder.

"OK, you've got 3 out of 4 down,

This time you jump?"

He goes back to weaving straw mats

that he will later throw into the fire

I take a breath

Say a little prayer.

Step out on the edge

Freeze...

Below I see my own shadow on the water


I dive


Explode into the water

Water rush up my nose

I surface


Above the Guru is looking over the edge

His arms folded.

"Now what" I asked

He raises his cupped hands to his mouth.

"Swim!"

What?

Where?

Swim, … just swim.

Mini Habit: Dive!

Om die nuusbrief te ontvang klik hier: NUUSBRIEF

Verwerking van 'n gedig deur Tom Mattox (http://randomglidings.blogspot.com)

Tuesday, August 11, 2009

Mini Habit 8: Onthou Rule 6:

Daar is ‘n storie van 2 leermeesters wat sit en gesels en die volgende oomblik storm daar ‘n ou die vertrek binne. Hy is aan die skel en die leermeester by wie se huis hulle is, sê vir hom: onthou asseblief reël 6. Hy haal diep asem en sê dankie.
Ek vra verskoning vir die schene, sê die leermeester. Hulle raak weer aan die gesels en die volgende oomblik storm daar ‘n vrou in en is ontsteld oor iets. Die leermeeester sê ook vir haar: "Onthou asseblief
reël 6". Sy bedaar onmiddelik.
Toe hulle die derde keer weer onderbreek word, draai die een na die ander en hy sê: "Ek het nou al baie goed gesien maar hierdie is verstommend – sal jy vir my die geheim van
reël ses kan gee."
"Ja," sê die leermeester, "dit is baie eenvoudig." "Reël 6 is: 'Moenie jouself so dem ernstig vat nie.'"
Die ander leermeester sê "Dit klink na ‘n baie goeie reël." "Lyk of dit vir die mense werk." Toe sê hy: "As ek mag vra, wat is die ander reëls?"
"Daar is net 1 reël–
reël 6."
Die storie vertel die man toe later vir 'n besigheidsvriend. Toe hy ses maande later daar kom het die bestuurder op haar lessenaar ‘n bordjie gevou wat aan weerskante staan: "reël 6."
Die reël geld dus vir haarself en vir die ander mense.
Reël 6 gaan nie soveel oor die ander mense nie, maar oor myself. Moenie jouself so dêm ernstig vat nie. You are not fighting for your life.
Little habits of grace: “We exist to love – to love each other - love is an act of grace. Ons deel dit uit nie omdat ander mense so loveable is nie, maar omdat iets met ons gebeur het.
Soos in die verhaal van die pa met twee seuns het - ons pa het nader gehardloop, ons vassgedruk en ons regtig aanvaar.
Daar is ‘n skildery wat Rembrandt daaroor geskilder het.Hy
het die pa se twee hande verskillend geskilder. ‘n Growwer, meer manlike regterhand en die linkerhand is ‘n fyner, meer vrouliker een. Om daarmee te sê "vader" is maar net ‘n beeld. God is beide ‘n pa en ‘n ma - wat beide vir ons omgee.
Mini Habit: Sit 'n kaartjie êrens op, waar jy dit deur die dag kan sien, met die woorde: "Reël Ses."

Sunday, August 9, 2009

Mini Habit 7: Onthou dat jy aanvaar is.

Paul Tillich is dood in 1965 sy heel bekendste preek is“You are accepted”

"You are accepted!" ... accepted by that which is greater than you and the name of which you do not know. Do not ask the name now, perhaps you will know it later. Do not try to do anything, perhaps later you will do much. Do not seek for anything, do not perform anything, do not intend anything. Simply accept the fact that you are accepted."

Dit is dalk die heel moeilikste ding om te aanvaar. Net soos jyself, al verander jy nie – het God jou onvoorwaardelik lief. Accept the fact that you are accepted. Dit is ‘n een rigting liefde. Dit kom van God se kant af en God vra niks terug nie.

Weens ons prentjies van Godsdiens - voel dit vir ons verkeerd. Godsdiens voel nie so nie, dit vra van ons ‘n klomp goed.

Nee dit vra van ons – van jou niks. God se liefde gaan jou oor tyd verander, natuurlik, maar dit is iets wat van binne af gebeur. Dit is uit genade – no strings attached. Dit is dan wanneer ons die little habits of grace kan doen. Dit is dan wanneer dit inskop.

Mini Habit: Accept the fact that you are accepted.

Friday, August 7, 2009

Mini Habit 6: Think outside the box

Een van die goed wat die grootste verskille gemaak het in my lewe om my vry te maak en my te help om te leef saam met God. Kyk na die ses 9 kolletjies op die skerm. Probeer die volgende doen: Join all nine dots with straight lines without taking pen from paper. Kry jy dit reg? Heel onder is die oplossing.

Ons ken die uitdrukking “think outside the box? Daar is allerhande teorië waar dit vandaan kom. Een van die teorië sê, toe Disney land company hulle opleiding gedoen het, was die oefening hier bo een van die oefeninge wat hulle gedoen het tydens die interne opleiding. Dit moes mense uit daag en laat – think outside te box.
Genade – is die think outside the box van ons geloof. Dit is die moeilikste ding. Die oudste seun kon dit nie verstaan nie. Want die pa het iets gedoen wat nie inpas met hoe hy oor die lewe dink nie.
Hoekom sukkel ons hiermee? Ons dink daar is ‘n raam rondom die kolletjies. En jy het gedink jy moet binne die raampie bly. Genade is God wat net al daardie goed kom oopskop. En sê daar is nie reëls nie – daar is nie boksies nie, daar is nie regte manier om die goed te doen nie. GARIS – is die griekse woord - genade. Dit is onder andere oor hoe God oor ons voel ook. Maar in die eerste plek gebruik Paulus hierdie woord vir iets wat God DOEN. Hierdie ding wat God doen is - God het ons lief sonder om iets terugverwag.
Die Vader hardloop na ons toe. Dit het niks met ons te doen nie, iets wat God kies om met ons te doen. Hy het lief al is ons nie noodwendig lovable nie. Genade het meer te doen met die mens wat lief het, met die lover – as wat dit te doen het met die men swat liefgehê word. Dit is die punt wat Paulus probeer maak. Jy sien ons boksies waarbinne ons oor geloof dink is dat daar sulke gewiggies is, God gee bietjie liefde en dan gee ek vir God ‘n bietjie lief – en God gee vir my dit terug. Ek gee en God doen iets een my terug. Dit is die boksie wat ons oor geloof dink. Paulus skop dit oop en sê dit is nie hoe dit werk nie. Dit is nie hoe dit werk nie.

500 Jaar terug toe die kerk op daardie stadium in baie moeilikheid was, het Calvin gekom en gesê: Nee as jy oor geloof dink, as jy oor journey saam met Jesus dink, dan is daar net een woord: Sola Gracia –alleen genade. Luther sê dit gaan oor niks wat ek doen nie, dit gaan oor alles wat God doen. Sola beteken niks van my kant af nie – dit maak nie sin nie – dit kom van een kant af.
John V. Taylo (The Go-Between God)sê dit so:
The whole doctrine of justification by faith hinges, for me, upon my painfully reluctant realisation that my Father is not going to be more pleased with me when I am good than when I am bad. He accepts me and delights in me as I am. It is ridiculous of him, but that is how it is between us.

Dit is absurd – dit is ‘n pa wat hardloop as hy die seun sien kom. ‘n Man wat nie in daardie dae sou hardloop nie. – It is ridiculous. But that is how it is between us.

Mini Habit: Vat hierdie vrye liefde van God en gee dit ook vandag aan vir iemand

Thursday, August 6, 2009

Mini Habit 5: Love the Mess

Toe ek en Elsa uitgaan het – sy het op melkbos gebly – gewerk by koeberg – dit is voor die moer in die ding ingeval het. Ek was nog 'n student en het een dag terwyl sy nog gewerk in haar huis gewag vir haar. Ek sit toe daar rond, weet nie eintlik wat om te doen nie – en soek iets vir my hande om te doen.

Sy het toe in daardie stadium nog tapes geluister. (Dit is sulke klein plastiek goedjies met sulke wiellietjies…wat jy bere in plastiek boksies) Die een moeilikheid met tapes was om hulle terug te kry in hulle houers nadat jy dit geluister het.

Wat nou gebeur het, is dat rondom haar ‘n speler daar so stapel van die leë houertjies en die tapes oral rondgelê het. In laaie en oral soos wat sy uithaal en ‘n ander een insit.

En een van haar wonde was nou dat sy kastig deurmekaar is . Wat ek toe doen is om die heel oggend die tapes een vir een te luister en dan nou om uitgefigure wat daarop is. Dan het ek die naam van die musiek op die tape self geskryf . Ek het verder die kassethouer gevat en die papiertjie uitgehaal en weggesmyt. En die kasset teruggesit in die kassethouer en almal so gepak.

Toe sy by die huis kom het ek vir haar verduidelik sy hoef glad nooit weer ‘n kasset in sy regte houer te sit nie, sy kan hom in enige houer sit. Dan is hy op die regte plek.

Sy vertel vir mense dat dit wat ek gedoen het, baie grace aan haar uitgedeel het, omdat ek haar nie geshame het daarop dat sy deurmekaar is nie – maar ‘n plan uitgedink het wat haar regtig gaan help.

Ek onthou eintlik net die storie omdat sy dit oorvertel. Ek kan dit nou nie so veel onthou nie, maar altyd as sy die storie vertel dink ek ek was darem oulik toe ek verlief was.

Mini Habit: Love the mess. Dit is wat met grace gebeur as jy God se onvoorwaardelike liefde vat ,is jy soos iemand wat verlief is. Jy kan hierdie oorvloedige liefde sommer net uitdeel oral waar jy gaan. Ons hoef nie die chaos van die lewe op te ruim nie, ons kan net mense liefhê. Die eie chaos in jou eie lewe ook. Love it!

Wednesday, August 5, 2009

Mini Habit 4: Doing it

The path is made by walking. African Proverb

Seth Goldwin het ‘n website wat oor besigheid en bemarking handel. Hy het so ‘n tyd terug ‘n gratis MBA aangebied. Hy het dit geadverteer. Hy het ‘n blog geskep, mense kon gaan kyk hoe dit werk. En op daardie stadium het daar 48 duisend mens gaan kyk na die blog, en van die 48 duisend mense het daar 350 aansoek gedoen.
Hy vlieg toe die hele crowd uit New York toe. En hulle hou ‘n party en hy gee vir hulle die opdrag: praat met soveel van die ander mense om hulle te leer ken. En na twee uur stop hy en sê: “Skryf neer as jy ‘n MBA wil doen met 10 van die mense wie sal jy kies. En toe almal weg is toe kyk hy na die lys. Hy kies toe die 10 mense wat deur die meeste ander gekies is. Hy en die tien het toe ses maande saam geleef en gestudeer.
Op sy blog is daar ‘n klomp goed oor wat hy geleer het, na die ses maande. Oor hoe jy mense leer. Sy een learning, sê hy:
The educational lesson that I found the most striking is that the book knowledge was easy to transmit and not particularly essential.
So, if concepts from books are easy, what’s hard?
Doing it.
Picking up the phone, making the plan, signing the deal. Pushing ‘publish.’ Announcing. Shipping.

Die moeilike deel van die lewe is nie om goed te verstaan nie, die moeilike deel is om goed te doen. Die doel van
hanging around Jesus listening intently is dat ons dit leef. Ons doen dit deur little habits. Nie groot schemes nie maar die little habits want op die ou end is dit mos die goed wat ons lewens verander. Die goed wat ons oor en oor doen. Juis doen as niemand anders kyk nie. Dit is wat jou lewe verander. Little habits is small bite-size pieces faith in ordinary lives that makes them extraordinary.

Mini Habit: Kies een ding wat jy ELKE DAG die week/maand gaan doen. Kry iemand aan wie jy accountable kan wees daarvoor.

Tuesday, August 4, 2009

Mini Habit 9: Vra vir Feedback

“We first make our habits, and then our habits make us.” - John Dryden

Een vakansie het die dartboard gier my en my broer gegryp. Elke nou en dan sou ons mekaar uitdaag tot ‘n wedstryd. Aan die begin het ons die pyltjies oral oor die bord gegooi. Ons het selfs ‘n paar gate in die muur gelos. Maar oor die vakansie het ons vaardighede verbeter en kon ek selfs met tye ‘n trippel 20 gooi.

As ons goed oor en oor doen raak ons beter. Alhoewel ek my gooie aan die begin lomp was, het ek elke keer as ek dit gedoen het onmiddelike deursigtige terugvoer ontvang – jy kan die veerpyltjie SIEN! Terugvoer oor die sukses van my pogings het my gehelp om dit volgende keer te herhaal of aan te pas.

Onvermydelike terugvoer is noodsaaklik vir die groei van gewoontes. Dis waarom gewoontes wat eers oor ‘n lang tyd resultate wys – dink aan gewig verloor – so moeilik is om aan te leer.

Mini Habit 3: Kry maniere om terugvoer te kry oor gewoontes wat jy wil vestig vir langtermyn sukses. Sê byvoorbeeld vir jou vriende waar jy wil goei as mens en vra hulle gereeld vir kind but truthful terugvoer daarop.

Mini Habit 3: Nooi mense vir brood en wyn


The most important word on the internet is not "Search". The most important word on the internet is "Share". Sharing is the driver. Sharing is the DNA. We use Social Objects to share ourselves with other people. We're primates. we like to groom each other. It's in our nature. - Seth Godin

Seth Godin verduidelik dat alle deep connection plaasvind rondom wat Jaiku's Jyri Engestrom noem "Social Objects".

‘n “Social Object” is ‘n ‘sharing device.” Dit is ‘n “iets” waardeur mense kommunikeer en connect. Dit is die knooppunte in die visnet. Die as van die wiel. Die knop van die blom.

Vir gelowiges is dit vir 2000 jaar al Jesus wat by hulle, tussen hulle is. Die ‘iets’ wat hulle hieraan herinner het – is die liefdesmaal. Hulle het wyn gebring en brood gebring en dit saam geëet en stories vertel en hulle lewens gedeel.

Seth verduidelik dat mense sosialiseer deur voorwerpe. Ons raak opgewonde oor iets buite onsself en nooi mense om dit met ons te deel. Dink aan selfone of Scotch Whisky of Apple rekenaars of Springbok rugby of meditasie. Vir gelowiges is dit nie ‘n “ding’ nie maar ‘n “Iemand” wat tussen ons is. En die simbool van God se teenwoordigheid is die nagmaal.

Wat die”eet en drink” betekenisvol maak is nie net dat dit ‘n simbool is nie, maar oor die sharing wat plaasvind. Dis nie die wyn wat belangrik is nie maar die gesprekke wat plaasvind.

In die vroeë kerk was hierdie byeenkomste so oop en caring wat jy dit as ‘n geskenk vir jou vriende kon aanbied – “kom saam met my.” Dit is dan wanneer die goeie nuus ‘n virus raak wat sy eie loop neem.

Hoe raak die nagmaal ‘n ‘social object?” As ons dit oor en oor doen saam met mense. Ek dink hierdie een ‘social object’ – ‘n gesamentlike maaltyd is die toekoms van die kerk.

Mini Habit: Nooi mense en breek brood en skink wyn (of pizza en coke) en skep ‘n ruimte waar mense hulle stories en lewens deel.

Monday, August 3, 2009

Mini Habit 2: De-accumulate

‘n Klomp van die goed wat ons het, maak net ons lewens ingewikkelder. Hulle moet gestoor, uitgesorteer, afgestof, her-uitgesorteer, ge-herstoor, word – sonder einde. Die meeste van ons kan die helfte van ons goed weggee sonder dat ons enige iets gaan mis.

Daar is ‘n ou tradisie van “People of the Way” wat sê: Simplify, simplify!

Mini Habit: Ontwikkel die gewoonte om goed weg te gee. Wat het jy wat jy nie gebruik nie wat ‘n verskil in ander se lewens kan maak – gee dit weg.

Friday, July 31, 2009

Mini Habit 1: Die vryheid van bruikbaarheid

Hoe kry ‘n mens reg om besittings regtig te geniet sonder dat dit jou besit?

‘n Eenvoudige lewe bring vryheid. ‘n “Slow” lewe bring vreugde en balans. (Behalwe as dit net weer ons kooplus voed in ‘n winkelsentrum.) Maar Arthur Gish verwoord ons probeem so: We buy things we do not want, to impress people we do not like. Eers koop ons goed en dan besit dit ons.

Abundance vloei uit ‘n houding van vertroue. Ons connect met ons centre – daardie diep rus wat ons in God het in ons binneste en dan verander ons houding teenoor die goed wat ons besit.

Mini Habit: Koop goed vir hulle gebruikswaarde en nie hulle status nie. Vra na wat ek nodig het en koop dan daardie klere, rekenaar, motor, huis. Die vraag is nie wat gaan ander daarvan dink nie. People of the Way probeer mense nie beindruk met wat hulle HET nie, maar wie hulle IS.

Gaan kyk ook wat doen Dave Bruno met sy “100 Thing Challenge.” Dis sy persoonlike poging om ‘n verbruikersamelewing aan te vat.


Thursday, July 30, 2009

Kruis Manifesto

Things are not the way they are supposed to be

Ons leef in ‘n wêreld van wantroue – Waar in mens dikwels nie weet of enige kontak real is nie

Ons leef in ‘n wêreld van kompetisie – Waar sukses gemeet word aan hoeveel jy het of hoe hoog jy die leer klim

Ons leef in ‘n wêreld van loneliness – Waar ons vervreemd is van mekaar. Waar dit lyk of almal in beheer. Waar ons dikwels stoksiel alleen voel en is.

Ons leef in ‘n wêreld van selfhelp-guru’s – Waar ‘n mens die heeltyd voel: “I want more” En daardie behoefte nooit bevredig word nie.

Ons leef in ‘n wêreld van “so what!” – Dis boring, daar is geen spark nie, geen excitement nie. Dit het ‘n 9 to 5 doodsheid


Dit maak ons kwaad!

Ons is kwaad vir die kerk omdat hulle nie hard en duidelik sê dit kan anders weet nie.

So dikwels wil hulle ons net leer cope – maar dit nie leer challenge nie

Hulle wil ons leer oorleef maar nie leef nie

Dit maak ons kwaad en mismoedig.

Want ons weet…

Ons is deel van ‘n storie van ‘n nuwe community en ‘n nuwe wêreld.

Ons is deel van ‘n storie van grace – Waar mense in realness onvoorwaardelik aanvaar word.

Ons is deel van ‘n storie van honesty – Waar geloof ons in die werklikheid inlei en ons nie daarvan vervreem nie.

Ons is deel van ‘n storie van connection – Van regte deep soul-to-soul vriendskap.

Ons is deel van ‘n storie van innovation – Waar die status quo in die moeilikheid is en ons nuwe goed droom en doen – Waar daar gelowiges is wat die moed het om te sê: “Dit kan anders”

Ons is deel van ‘n storie van teachablity – Waar mense geken word nie deur voorgee nie, maar deur leerbaarheid.

Ons is deel van ‘n storie van abundance – Waar ons die goeie goed wat ons vrylik ontvang het weer carefree uitdeel. Waar ons speel en lag en vergewe.

Ons is deel van ‘n storie van van men and woman of doubtful reputation hanging around Jesus

- eating meals with Him and each other, treating one another like old friends.

Ons bely dat ons baie keer vergeet dat ons deel is van hierdie nuwe community.

Maar ons weet dat dit ons diepste behoefte is.

Dat so ‘n lewe ons vrymaak en alive laat voel.

Dat so ‘n lewe lei na real honest deep connections met onsself, ander, die natuur en God

Daarom gaan ons ons geloof leef in little habits: small bite-sized pieces of faith in our ordinary lives that make them extraordinary.

Daarom gaan ons nuwe communities stig wat demo’s kan wees van hierdie nuwe wêreld van God.

Dit is wat ons glo dit beteken:

to hang around Jesus listening intently.

Om die nuusbrief te ontvang klik hier: NUUSBRIEF