Dit was die dag wat my pa gesterf het. Dit was ‘n bleek, koue en winderige dag in Junie. Ek het hom in my arms ondersteun in die klein hospitaal-kamertjie, toe sy oë skielik gerek het met ‘n verafkyk wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Ek was seker dat die dood die kamer binnegekom het. My pa het agteroor gesak en ek het sy kop saggies op die kussing laat sak. Ek het sy oë toegemaak en vir ma, wat langs die bed sit en bid het, gesê: "Dit is alles oor. Pa is dood."
Sy het my laat skrik. Ek sal nooit weet waarom haar eerste woorde was na my pa se dood nie. Sy sê: "Ag, hy was so trots op jou. Hy het jou so lief gehad."
Uit my reaksie het ek geweet dat die woorde iets baie belangrik vir my gesê het. Hulle was soos ‘n ligstraal wat skielik deurgebreek het, soos ‘n helder-gedagte wat ek nog nooit regtig besef het nie. En tog was daar ongetwyfeld ‘n snykant van pyn, asof ek my pa beter gaan ken in sy dood as wat ek hom in die lewe geken het.
Later toe die dokter besig was om te bevestig dat hy dood is, het ek in die verste hoek van die kamertjie teen die muur gestaan en leun. Ek het saggies gehuil. ‘n Verpleegster het na my toe gekom en haar arm vertroostend om my gesit. Ek kon nie praat deur die trane nie, maar ek wou vir haar sê:
"Ek huil nie omdat my pa dood is nie. Ek huil omdat my pa nooit vir my gesê het hy is trots op my nie. Hy het nooit vir my gesê hy het my lief nie. Natuurlik was ek veronderstel om die dinge te weet, dit was verwag dat ek sou weet watter groot rol ek in sy lewe gespeel het en watter groot deel van my hart en besit het. Maar hy het dit nooit vir my gesê nie."
No comments:
Post a Comment