The most important word on the internet is not "Search". The most important word on the internet is "Share". Sharing is the driver. Sharing is the DNA. We use Social Objects to share ourselves with other people. We're primates. we like to groom each other. It's in our nature. - Seth Godin
Seth Godin verduidelik dat alle deep connection plaasvind rondom wat Jaiku's Jyri Engestrom noem "Social Objects".
‘n “Social Object” is ‘n ‘sharing device.” Dit is ‘n “iets” waardeur mense kommunikeer en connect. Dit is die knooppunte in die visnet. Die as van die wiel. Die knop van die blom.
Vir gelowiges is dit vir 2000 jaar al Jesus wat by hulle, tussen hulle is. Die ‘iets’ wat hulle hieraan herinner het – is die liefdesmaal. Hulle het wyn gebring en brood gebring en dit saam geëet en stories vertel en hulle lewens gedeel.
Seth verduidelik dat mense sosialiseer deur voorwerpe. Ons raak opgewonde oor iets buite onsself en nooi mense om dit met ons te deel. Dink aan selfone of Scotch Whisky of Apple rekenaars of Springbok rugby of meditasie. Vir gelowiges is dit nie ‘n “ding’ nie maar ‘n “Iemand” wat tussen ons is. En die simbool van God se teenwoordigheid is die nagmaal.
Wat die”eet en drink” betekenisvol maak is nie net dat dit ‘n simbool is nie, maar oor die sharing wat plaasvind. Dis nie die wyn wat belangrik is nie maar die gesprekke wat plaasvind.
In die vroeë kerk was hierdie byeenkomste so oop en caring wat jy dit as ‘n geskenk vir jou vriende kon aanbied – “kom saam met my.” Dit is dan wanneer die goeie nuus ‘n virus raak wat sy eie loop neem.
Hoe raak die nagmaal ‘n ‘social object?” As ons dit oor en oor doen saam met mense. Ek dink hierdie een ‘social object’ – ‘n gesamentlike maaltyd is die toekoms van die kerk.
Mini Habit: Nooi mense en breek brood en skink wyn (of pizza en coke) en skep ‘n ruimte waar mense hulle stories en lewens deel.
No comments:
Post a Comment