Toe ek en Elsa uitgaan het – sy het op melkbos gebly – gewerk by koeberg – dit is voor die moer in die ding ingeval het. Ek was nog 'n student en het een dag terwyl sy nog gewerk in haar huis gewag vir haar. Ek sit toe daar rond, weet nie eintlik wat om te doen nie – en soek iets vir my hande om te doen.
Sy het toe in daardie stadium nog tapes geluister. (Dit is sulke klein plastiek goedjies met sulke wiellietjies…wat jy bere in plastiek boksies) Die een moeilikheid met tapes was om hulle terug te kry in hulle houers nadat jy dit geluister het.
Wat nou gebeur het, is dat rondom haar ‘n speler daar so stapel van die leë houertjies en die tapes oral rondgelê het. In laaie en oral soos wat sy uithaal en ‘n ander een insit.
En een van haar wonde was nou dat sy kastig deurmekaar is . Wat ek toe doen is om die heel oggend die tapes een vir een te luister en dan nou om uitgefigure wat daarop is. Dan het ek die naam van die musiek op die tape self geskryf . Ek het verder die kassethouer gevat en die papiertjie uitgehaal en weggesmyt. En die kasset teruggesit in die kassethouer en almal so gepak.
Toe sy by die huis kom het ek vir haar verduidelik sy hoef glad nooit weer ‘n kasset in sy regte houer te sit nie, sy kan hom in enige houer sit. Dan is hy op die regte plek.
Sy vertel vir mense dat dit wat ek gedoen het, baie grace aan haar uitgedeel het, omdat ek haar nie geshame het daarop dat sy deurmekaar is nie – maar ‘n plan uitgedink het wat haar regtig gaan help.
Ek onthou eintlik net die storie omdat sy dit oorvertel. Ek kan dit nou nie so veel onthou nie, maar altyd as sy die storie vertel dink ek ek was darem oulik toe ek verlief was.
Mini Habit: Love the mess. Dit is wat met grace gebeur as jy God se onvoorwaardelike liefde vat ,is jy soos iemand wat verlief is. Jy kan hierdie oorvloedige liefde sommer net uitdeel oral waar jy gaan. Ons hoef nie die chaos van die lewe op te ruim nie, ons kan net mense liefhê. Die eie chaos in jou eie lewe ook. Love it!
No comments:
Post a Comment