As gelowiges weet ons dat boosheid nooit die laaste sê het nie. Maak nie saak hoeveel mense ons probeer boelie nie - die lewe is sterkter as die dood. Waarheid is sterker as leuens. Hoop is sterker as manupilasie.
'n Slagter maak een oggend sy winkel oop toe 'n hasie sy kop by die deur insteek. Die slagter was verbaas toe die hasie vra: "Enige wortels?" Nee, sê die slagter, dit is 'n slaghuis - ons verkoop vleis nie groente nie." Die hasie hop toe weg.
Die volgende oggend net na die slagter weer oopgesluit het, loer die hasie weer om die draai: "Enige wortels?" Luister klein rot!" sê die slagter nou geirriteerd, "ek het jou gister gesê ons verkoop nie groente nie. As jy weer hier inloer dan gryp ek jou aan die keel en spyker daai lang ore van jou aan die grond vas."
Vinnig is die hasie toe daar weg en niks gebeur vir 'n paar dae nie. Toe een oggend loer die hasie weer om die draai en sê: "Het jy enige spykers?"
Die slagter antwoord, "Nee."
Toe sê die hasie: "Enige wortels?"
Mini Habit: Wanneer jy met boosheid gekonfronteer word - call it's bluff!
Sunday, August 23, 2009
Mini Habit 18: Call evil's bluff
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment