Stel jouself voor 5 biljoen jaar van die aarde se bestaan is 'n stel boeke met 10 volumes. Elke boek het 500 bladsye. Elke bladsy vertel ‘n miljoen jaar se skepping
Wanneer lees ons van die lewe? Eers in die laaste hoofstuk van boek 7. Lewe met organismes met selle in elke geval.
Vol 8 word vir eerste keer van die groter lewe geskryf. Die grootste deel gaan oor plante, en water wesens.
Op bl 444 van volume 9 kom reptiele by en toe voels. Toe warmbloedige diere, 5 bladsye later.
Op bladsy 499 van vol 10 kom die mens die eerste keer in die oog. Die laaste bladsy van die laaste boek. Die laatkomer sê dan onmiddelik hy wil heers.
Die laaste 2 woorde op die laaste bladsy vertel die verhaal van beskawing wat ons van weet (laaste 6000 jaar)
Wat beteken dit: Here skep al biljoene jare aan ons planeet. Ons het nie die aarde geskep nie. Lewe het bestaan lank voor ons en ons is daarvan afhanklik.
En wat het ons in die twee woorde, wat daar oor ons geskryf staan, gedoen? Elke dag gebruik die wêreldwye ekonomie ‘n hoeveelheid energie wat die aarde meer as 25 jaar geneem het om te maak en te stoor (as steenkool of olie) uit die son se hitte . Dit is asof ons ‘n hele lewe se salaris op ‘n enkele dag uitgee.
Mini Habit: Kry perspektief op ons se rol in die skepping en vra: "Op hoe 'n manier is ek 'n goeie oppasser van God se skepping?"
God het besluit om sekere plante op sekere plekke op aarde te plant. Volg God se voorbeeld en plant iets lokaal inheems.

No comments:
Post a Comment