Die een skilder sê vir die ander: "My ideaal is om ’n volmaakte skildery te skilder. Dit vereis ’n volmaakte model. Ek het egter al die hele wêreld deursoek en kon nêrens ’n volmaakte model kry nie. Elkeen het een of ander skeet of gebrek. So ek het nog nie my skildery geskilder nie."
Toe antwoord die tweede skilder: "Ek is maar eenvoudig. Ek het nog nie eintlik gereis nie. Ek kyk maar net na die mense wat ek om my sien, en elkeen van hulle het sekere volmaakthede wat hulle die moeite werd maak om te skilder. Ek het al my skildery klaargemaak.
Dan vra Kierkegaard: "Wie is nou eintlik die ware kunstenaar; die een wat ’n volmaakte model nodig het om te skilder of die een wat volmaakthede in mense raaksien en dit dan skilder?"
Kierkegaard sê deur sy storie dat die skilder wat die goeie in mense raaksien en dit dan skilder die beter skilder is. Little Habits roep ons op om op te hou droom oor volmaakte mense om lief te hê. Ons droom oor volmaakte kollegas, kinders vriende en dink hoe ons hulle gaan aanvaar en omgee. Maar sulke mense kry ons nooit.
Mini Habits: Fokus op die mense wat by jou is se uniekheid en volmaakthede. Hê hulle lief!