Friday, August 7, 2009

Mini Habit 6: Think outside the box

Een van die goed wat die grootste verskille gemaak het in my lewe om my vry te maak en my te help om te leef saam met God. Kyk na die ses 9 kolletjies op die skerm. Probeer die volgende doen: Join all nine dots with straight lines without taking pen from paper. Kry jy dit reg? Heel onder is die oplossing.

Ons ken die uitdrukking “think outside the box? Daar is allerhande teorië waar dit vandaan kom. Een van die teorië sê, toe Disney land company hulle opleiding gedoen het, was die oefening hier bo een van die oefeninge wat hulle gedoen het tydens die interne opleiding. Dit moes mense uit daag en laat – think outside te box.
Genade – is die think outside the box van ons geloof. Dit is die moeilikste ding. Die oudste seun kon dit nie verstaan nie. Want die pa het iets gedoen wat nie inpas met hoe hy oor die lewe dink nie.
Hoekom sukkel ons hiermee? Ons dink daar is ‘n raam rondom die kolletjies. En jy het gedink jy moet binne die raampie bly. Genade is God wat net al daardie goed kom oopskop. En sê daar is nie reëls nie – daar is nie boksies nie, daar is nie regte manier om die goed te doen nie. GARIS – is die griekse woord - genade. Dit is onder andere oor hoe God oor ons voel ook. Maar in die eerste plek gebruik Paulus hierdie woord vir iets wat God DOEN. Hierdie ding wat God doen is - God het ons lief sonder om iets terugverwag.
Die Vader hardloop na ons toe. Dit het niks met ons te doen nie, iets wat God kies om met ons te doen. Hy het lief al is ons nie noodwendig lovable nie. Genade het meer te doen met die mens wat lief het, met die lover – as wat dit te doen het met die men swat liefgehê word. Dit is die punt wat Paulus probeer maak. Jy sien ons boksies waarbinne ons oor geloof dink is dat daar sulke gewiggies is, God gee bietjie liefde en dan gee ek vir God ‘n bietjie lief – en God gee vir my dit terug. Ek gee en God doen iets een my terug. Dit is die boksie wat ons oor geloof dink. Paulus skop dit oop en sê dit is nie hoe dit werk nie. Dit is nie hoe dit werk nie.

500 Jaar terug toe die kerk op daardie stadium in baie moeilikheid was, het Calvin gekom en gesê: Nee as jy oor geloof dink, as jy oor journey saam met Jesus dink, dan is daar net een woord: Sola Gracia –alleen genade. Luther sê dit gaan oor niks wat ek doen nie, dit gaan oor alles wat God doen. Sola beteken niks van my kant af nie – dit maak nie sin nie – dit kom van een kant af.
John V. Taylo (The Go-Between God)sê dit so:
The whole doctrine of justification by faith hinges, for me, upon my painfully reluctant realisation that my Father is not going to be more pleased with me when I am good than when I am bad. He accepts me and delights in me as I am. It is ridiculous of him, but that is how it is between us.

Dit is absurd – dit is ‘n pa wat hardloop as hy die seun sien kom. ‘n Man wat nie in daardie dae sou hardloop nie. – It is ridiculous. But that is how it is between us.

Mini Habit: Vat hierdie vrye liefde van God en gee dit ook vandag aan vir iemand

No comments:

Post a Comment