Monday, August 17, 2009

Mini Habit 14: Party!

Iemand het opgemerk: “Christians are kind people in a bad mood. Maar hoekom?

Afhangende van jou voorkeur in goeie wyn en kos is die verhaal oor Jesus by die troue vir jou goeie of ontstellende nuus. Hoekom kies Jesus om Sy grootheid vir die wêreld te wys by ‘n onthaal? Nie ‘n wondergenesing nie. Nie ‘n preek nie. Hy loop tot agter die bar by die troue en maak 600 liter vir ‘n loopdop.

Die verhaal (in die boek Johannes 2) stel ons voor aan Iemand wat baie nader is aan ‘n partytjie as aan die kerk. Jesus is The Way, the Truth and the Life ...of the Party.

God se tyd is partytjie-tyd. Regte diep connection. Nie net emosionele promiskuwiteit – wat jou lighooftig laat van geestelikheid nie. Partytjies wat regte honest feesvierings is van die lewe. Tye wanneer ‘n mens jou hele bestaan vier en geniet. Oomblikke wanneer ‘n mens speel in God se hele wêreld. Play en Pray rym nie verniet nie.

Dit is sulke oomblikke wat ons weer laat aangaan met die lewe.

Mag Jesus ons al meer vat in die rigting van ‘n partytjie en al minder in die rigting van die kerk.

Mag Jesus ons al meer oordadig vrygewig maak en al minder krampagtig laat vashou aan ons kleinlikhede

Mini Habit: Wat is daar tans in jou lewe wat jy wil celebrate? Nooi ‘n paar mense oor en hou ‘n party. Sommer vandag nog.

No comments:

Post a Comment