Thursday, August 13, 2009

Mini Habit 11: Vra waarderend

Then God said, “Let us make humankind in our image…”—Genesis 1:26.
Die vrae wat ons vra beinvloed die antwoorde wat ons kry.
Wanneer laas het jy aan 'n pienk oliant gedink? Sopas? Die vraag alleen doen iets met jou.
In 1980 het Cooperrider dit ontdek tydens veldwerk vir navorsing by 'n kliniek in Cleveland. Hy begin deur te vra wat verkeerd is in die kliniek. Hy ontdek egter dat daar 'n klomp initiatief en buigsaamheid, openheid en samewerking is. Toe begin hy vra na hoe hulle dit regkry. Wat hy leer, verander hoe mense werk wat organisasies en mense wil verandeer. Hy noem dit Appreciative Inquiry.
As die aanname agter die vraag wat jy vra waardering veronderstel, gaan jy dit kry. Waarderende vrae fokus nie op wat verkeer is nie, maar op wat mense reeds reg doen. Dit nooi mense met wie ons kontak het om verby die moeilikhede te kyk en te fokus op wie hulle reeds is en wil word. Dit skuif van evaluering na waarderig in verhoudings. Dit sien die beeld van God wat nog dieper in ons is as ons foute en wonde.

Dink of die vrae wat jy vra waardering oproep, suksesse celebrate en belangrike oorwinnings (groot of klein) na die voorgrond skuif. Nooi jou vrae mense om hulle hart veilig op die tafel te plaas en te praat oor wat goed is in hulle lewe. Die gevolg is dikwels onverwagse nuwe verhoudings en gedeelde energie wat vrese en rusie ondergrawe.

Mini Habit: Vra vrae wat die goedheid (Godheid) in mense of sisteme soek. Empower die mense met wie jy kontak het om daardie goedheid meer te maak - deur ander vrae . Gebruik vrae wat op waardering fokus. Vra vrae soos:

Hoe het jy dit reggekry?
Wie is jy as jy jou beste JY is?
Wat, wat jy tans doen, is jy die meeste trots op?
Waaruit put jy jou positiewe energie?
Wat is jou braafste droom?
Waar kan jy die grootste bydrae maak om die wêreld 'n mooier, meer betroubare plek te maak?

No comments:

Post a Comment