Thursday, August 20, 2009

Mini Habit 16: Reël 7 - Doen die werk

Ek lees by Michael Leddy se blog Orange Crate Art van Reël 7: Doen die werk. Dit is so 'n Zen-agtige ernstige grappie wat al die ander reëls wat mense volg van die tafel stamp.
Die enigste reël is werk. As jy werk lei dit tot iets. Mense wat die werk doen sal eindeindelik op iets afkom. Dit sê nie werk is ALLES nie. Dit sê werk is nodig.
Die enigste manier om iets te ontdek, te laat gebeur, te verander, is om tyd in te sit. Is om die werk te doen.
Werk kan wees om sketse te maak, of goed te memoriseer, of 'n argument op papier te sit, om 'n tydlyn te bestudeer, om notas op artikel te maak, om te gaan sit by haar om te luister, om gaaf te wees met hom.
Aktiwiteite wat ons regtig alive laat voel vra 'n betekenisvolle belegging van tyd en energie. Anders as Nike se “Just do it”, bevestig reël 7 dat om te leer en te groei moeilik is. Dit vat iets van ons. Dinge is dalk nie so duidelik aan die begin nie. Jy kan nie “Just do it” nie.

Mini Habit: Wat is daar wat van jou werk vra. Wat kan jy doen om 'n betekenisvolle deel van jou dag aan hierdie werk af te staan?

No comments:

Post a Comment