Friday, August 21, 2009

Mini Habit 17: Kies kontak wat jou opbou

In die sestiger jare was Fritz Perls 'n gestalt terrapeut. Gestalt terrapie het gegroei uit kuns geskiedenis. Dit stel voor dat jy die 'geheel' moet verstaan voordat jy die dele gaan verstaan. Jy moet kyk na die hele kultuur, die hele familie, die hele community ens.
Hy stel verder voor dat in alle verhoudings mense of toxic of opbouend teenoor mekaar is. Een mense is ook nie in alle verhouding toxic of opbouend nie. Daar is egter 'n toets om vas te stel of 'n persoon in 'n verhouding met jou toxic of opbouend is: As jy tyd met die persoon spandeer, het jy teen die einde meer of minder energie?
Dit kan enige tyd wees, 'n drink saam of ete, 'n game saam kyk of saam werk. Dit maak nie eintlik saak nie. Die vraag is: Is jy pootuit of op 'n high? As jy moeër is, is jy vergiftig. As jy meer energie het, is jy gevoed.
Mini Habit: Kies om meer tyd te spandeer saam met mense wat jou opbou en om jou kontak met mense wat jou dreineer te beperk. Wat kan jy onmiddelik doen om die impak van toksiese verhoudings in jou lewe te verminder? Hoe kan jy jou lewe anders struktureer om meer tyd te spandeer met mense wat jou energize?

No comments:

Post a Comment