Monday, August 17, 2009

Mini Habit 13: Hou op jou eie geestelike temperatuur neem

Martin Luther ontdek dat die ding wat ons vrymaak 'to treat others like old friends' is God se genade. Die Goeie Nuus maak ons vry om mense om ons lief te hê. Jesus kies om ons sy vriende te maak en dit spreek ons vry van allerlei godsdienstige pligte om in God se goeie boekies te kom. Ons is vry daarvan om heeltyd ons eie geestelike temperatuur te neem.
Ons vryheid van sonde en skuld maak ons vry om op ander te fokus. Voor dit het ons goeie goed gedoen vir onsself, om op 'n manier aanvaarbaar te wees vir God. Solank ons heeltyd ons eie geestelike temperatuur meet is ssn nog steeds besig met onsself.
Maar nou omdat God se genade uitgestort is op ons - sonder ons toedoen - kan ons dit nou ook aangee vir ander.
Mini Habit: Hou op vra: Hoe kan ek God se genade verdien? Vra liewer: Hoe kan ek die genade van God wat ek reeds het, aangee?

No comments:

Post a Comment