Tuesday, August 11, 2009

Mini Habit 8: Onthou Rule 6:

Daar is ‘n storie van 2 leermeesters wat sit en gesels en die volgende oomblik storm daar ‘n ou die vertrek binne. Hy is aan die skel en die leermeester by wie se huis hulle is, sê vir hom: onthou asseblief reël 6. Hy haal diep asem en sê dankie.
Ek vra verskoning vir die schene, sê die leermeester. Hulle raak weer aan die gesels en die volgende oomblik storm daar ‘n vrou in en is ontsteld oor iets. Die leermeeester sê ook vir haar: "Onthou asseblief
reël 6". Sy bedaar onmiddelik.
Toe hulle die derde keer weer onderbreek word, draai die een na die ander en hy sê: "Ek het nou al baie goed gesien maar hierdie is verstommend – sal jy vir my die geheim van
reël ses kan gee."
"Ja," sê die leermeester, "dit is baie eenvoudig." "Reël 6 is: 'Moenie jouself so dem ernstig vat nie.'"
Die ander leermeester sê "Dit klink na ‘n baie goeie reël." "Lyk of dit vir die mense werk." Toe sê hy: "As ek mag vra, wat is die ander reëls?"
"Daar is net 1 reël–
reël 6."
Die storie vertel die man toe later vir 'n besigheidsvriend. Toe hy ses maande later daar kom het die bestuurder op haar lessenaar ‘n bordjie gevou wat aan weerskante staan: "reël 6."
Die reël geld dus vir haarself en vir die ander mense.
Reël 6 gaan nie soveel oor die ander mense nie, maar oor myself. Moenie jouself so dêm ernstig vat nie. You are not fighting for your life.
Little habits of grace: “We exist to love – to love each other - love is an act of grace. Ons deel dit uit nie omdat ander mense so loveable is nie, maar omdat iets met ons gebeur het.
Soos in die verhaal van die pa met twee seuns het - ons pa het nader gehardloop, ons vassgedruk en ons regtig aanvaar.
Daar is ‘n skildery wat Rembrandt daaroor geskilder het.Hy
het die pa se twee hande verskillend geskilder. ‘n Growwer, meer manlike regterhand en die linkerhand is ‘n fyner, meer vrouliker een. Om daarmee te sê "vader" is maar net ‘n beeld. God is beide ‘n pa en ‘n ma - wat beide vir ons omgee.
Mini Habit: Sit 'n kaartjie êrens op, waar jy dit deur die dag kan sien, met die woorde: "Reël Ses."

No comments:

Post a Comment