Thursday, September 3, 2009

Mini Habit 26: Stop en hoop

Faith has to do with things that are not seen and hope with things that are not at hand.
Thomas Aquinas.

Met Pandorta en Epimetheus se troue gee Mercury vir die jong egpaar 'n boksie om te geniet. Maar onder geen omstandighede mag hulle dit oopmaak nie.
Soos dit gaan met stories van verbode vrugte kry Pandora se nuuskierigheid die oorhand. Die ding wat sy verbied is om te doen is toe later al wat sy wil doen. Een dag loer sy toe in die boksie. Skielig borrel daar 'n swerm insekte uit en steek die twee jong geliefdes met wantroue, haat, vrees en agterdog. Die eens gelukkige paartjie begin nou stry. Epimetheus raak bitter en Pandora huil met 'n gebroke hart.
Te midde van die onmin hoor hulle 'n klein stemmetjie roep: Laat my uitkom! Ek sal julle pyn wegneem.
Vreesbevange maak hulle weer die boksie oop en die keer glip daar 'n mooi skoenlappetjie uit. Dit roer albei van hulle en wonder bo wonder begin hulle pyn verminder en raak hulle weer gelukkig.
Die skoenlappertjie, so gaan die verhaal, is 'hoop.'
Dit is hoop wat ons dra, dit is hoop wat ons pyn salf!
Mini Habit: As ons ons lewens vanuit God se perspektief sien en bewus raak van wat God beloof het, groei hoop in ons. As ons egter vergeet waarheen God met ons op pad is, raak ons vasgevang in elke dag se probleme en raak die lewe vir ons hopeloos. Raak bewus van die klein stemmetjie van hoop in jou verhoudings, by die werk, in jou vriendskappe en in jou lewe.

No comments:

Post a Comment